Transformasiebal is in die skrum
Robbie Thompson skryf:
Hulle sê nie verniet in Engels “the best man for the job is a woman” nie! Graag verwys ek na Helené Bam se "Sê maar net" van Woensdag 22 Maart 2017 in Republikein.
As daar nou kaalkop gepraat of geskryf is oor 'n netelige rugbysakie, is dit beslis haar skrywe. Nie net is dit insiggewend en uit die hart uit nie, is dit ook vir ons Bewakers van die spel van die Ovaalbal 'n les in openhartigheid, meelewendheid en 'n goeie begrip van die paadjie wat gevolg moet word in die kwessie van transformasie en sogenaamde kwotas. Haar skrywe is maar één voorbeeld van één aspek en ek stem in 'n mate saam daarmee.
Wat egter van belang is, is die gesindheid wat hier weerspieël word. Administrateurs van sport kan gerus hier kers opsteek – dis 'n les daarin om die speler eerste te stel. Dis 'n les in opoffering, nie in eiebelang nie, maar vir die groter prentjie en landsbelang. Baie keer hoor ons “kies net die beste speler.” Hier is hoeka gerieflike verskansings in spel.
Ongelukkig begin die toepassing op skool en klubvlak en die mate van opregtheid kom hier ter sprake. Is ons hande skoon in dié opsig?
Transformasie is 'n proses en nie noodwendig iets wat begin word en 'n einddatum het nie. Ja, daar moet realistiese en meetbare teikens wees binne 'n raamwerk van “fairness to ALL”. Ook moet daar wyd en syd geraadpleeg word en nie net weer met beamptes waarvan sommige in elk geval nie eens hulle eie skole, klubs en unies bo verdenking kan bestuur nie.
Baie keer hoor ons ook hoe spelers en afrigters veral op televisie en op inbelprogramme verguis word. Daarin lê juis die lokval om opinies en voorkeure sonder verantwoording te stel.
Dan is daar die ander kant van persone wat vra vir omsigtigheid en ondersteuning vir 'n spesifieke span, afrigter of dalkies 'n speler. So hoort dit!
Ons sal beslis die transformasieperdjie moet klim en ry êrens op 'n kol.
Die feit dat Helené Bam die bal in die skrum gegooi het, hoop ek is 'n aansporing dat ons die kwessie têkkel!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie