Transitoroof: Skuldiges tronk toe gestuur
Twee mans is gister in verband met die transitoroof naby Brakwater in Desember 2004 tronk toe gestuur.
Jan Julius, wat medepligtig aan roof, met verswarende omstandighede, van N$3,71 miljoen skuldig bevind is, is gevangenisstraf van 20 jaar opgelê. George Jambeinge, skuldig aan diefstal van N$1,515 miljoen, is vir tien jaar tronk toe gestuur.
Regter Naomi Shivute het in haar uitspraak gesê hoewel beide mans die hof om genade gesmeek het, dit nie beteken dat ’n gepaste, redelike en regverdig vonnis nie opgelê behoort te word nie.
Die feit dat Jambeinge ’n eerste oortreder is, het in sy guns getel, het Shivute gesê.
Die regter het nie Julius se twee vorige veroordelings vir diefstal en die aanranding van ’n polisiebeampte met sy vonnis in ag geneem nie. Die klag van roof met verswarende omstandighede waaraan sy hom skuldig bevind het, is egter baie ernstig en die bedrag wat gesteel is, is baie groot, het sy gesê.
Julius (45), wat tydens die misdaad ’n voertuigbestuurder by Fidelity Services Cash Management was, het van sy werkgewer gesteel en sy vertroue geskend, het sy gesê. Hy het die misdaad beplan en berekend uitgevoer.
In belang van die gemeenskap moet ’n vonnis opgelê word wat as ’n afskrikmiddel dien. Dit is hoog tyd dat misdadigers, diegene wat aan misdade skuldig bevind word en diegene wat dit oorweeg, besef daar is nie plek vir sulke optrede in die Namibiese gemeenskap nie, het Shivute gesê. “Die howe beskou kriminele gedrag in ’n ernstige lig.”
Julius en Jambeinge het nie opregte berou getoon nie, het sy gesê. Hulle het bloot gesê hulle aanvaar die bevinding van die hof eerder as om verantwoordelikheid te aanvaar vir die misdade wat hulle gepleeg het, het Shivute gesê.
Hoewel hulle beide families en onafhanklikes het, het hulle deur hul roekelose optrede dié mense se welstand in gevaar gestel.
Shivute het gesê die belange van die gemeenskap is belangriker as die persoonlike omstandighede van Julius en Jambeinge en dat ’n boete of ’n opgeskorte vonnis nie die gepaste straf sou wees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie