Transitorowers buit sakke vol geld
Tanja Bause
Altesaam N$1,5 miljoen is gisteroggend omstreeks 10:13 tydens ’n gewapende transitorooftog by Woermann Brock in die Pelican Square-inkoopsentrum in Hochland Park in die hoofstad gebuit.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga het vyf tot ses onbekende mans drie veiligheidswagte aangeval wat besig was om geld op te laai.
“Hulle het na bewering die drie wagte met wapens aangehou en talle skote is afgevuur. Die verdagtes het in ’n wit Toyota Run-X met die geld op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.”
Volgens ’n ooggetuie het die veiligheidswagte uit hul voertuig geklim en was agter die geldwa besig.
“Die volgende oomblik het ’n wit sedanvoertuig aangery gekom en reg voor die geldwa gestop. Vyf gewapende mans het uitgespring en twee skote in die lug gevuur. Die mans het hulle wapens op die veiligheidswagte gerig en nog skote is afgevuur. Hulle het toe met vier sakke in hul hande weer in die voertuig gespring en weggejaag. Een van die veiligheidswagte het op die voertuig geskiet en het dit getref. Ek het agt skote getel wat afgevuur is. Dit het alles baie vinnig gebeur en ons was baie bang gewees toe die skote klap. Dit was soos wat jy in Suid-Afrika sien en van hoor.”
Volgens dieselfde ooggetuie het die rowers ook een van die veiligheidswagte se vuurwapen gesteel. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie