Transitorowers vas
Transitorowers vas

Transitorowers vas

Ses buitelanders was by die roof van kontant in Windhoek betrokke.
Tanja Bause
Tanja Bause



Ses verdagtes wat Maandag by 'n transitoroof in Windhoek betrokke was, is dieselfde dag omstreeks 21:00 in hegtenis geneem. Die vier Suid-Afrikaanse burgers en twee Zimbabwiërs het Maandag om 09:00 'n veiligheidswag van G4S Security van N$487 320 beroof wat hy by 'n supermark in die Westlane Lifestyle-winkelsentrum in Pionierspark Uitbreiding 1 moes oplaai.

Twee van die verdagtes is in Windhoek in hegtenis geneem, terwyl vier in Rehoboth in hegtenis geneem is. Die Namibiese polisie het op 'n Toyota Etios, 'n Audi en 'n Lexus beslag gelê wat as wegkomvoertuie gebruik is. Die polisie het ook op N$336 000 en US$6 500 beslag gelê.Die verdagtes verskyn vandag in die hof.

“Goeie polisiewerk en nalatigheid aan die kant van die rowers het gemaak dat ons die verdagtes so vinnig kon arresteer,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj. komm. Edwin Kanguatjivi, gesê.

Intussen het Republikein verneem twee van die ses verdagtes is reeds vrygelaat.



loop lig dié vakansie

Hoofinspekteur Kauna Shikwambi het intussen mense gemaan om ­versigtig te wees en om hul eiendom in die komende vakansietyd op te pas.

“Verskeie sake van rooftogte is aangemeld en dit is 'n bewys daarvan dat misdadigers gebruik maak van elke kans om van ons te steel.

“Die gemeenskap en besoekers moet gereed wees om elke moontlike misdadige oortreding te voorkom,” het sy gesê.

Volgens haar kan die polisie nie orals wees nie en moet die gemeen­skap hulself en hul eiendom te alle tye beveilig.

Shikwambi het ook werknemers gewaarsku wat met misdadigers saamwerk.

“Dit is 'n baie ernstige en strafbare oortreding. Ons waarsku julle om nie van dié wat kos op die tafel sit, te steel nie, julle sal gevang word,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!