TransNamib kyk na Suide vir geleenthede
In die afwesigheid van internasionale toeriste is die Desert Express se bedrywighede tot stilstand geruk.
Augetto Graig
TransNamib se roete tussen Keetmanshoop en Lüderitz was vir 18 jaar onaktief, maar sien nou weer beweging van 15 000 ton se vragvolumes per maand.
Volgens die uitvoerende hoof van TransNamib, mnr. Johny Smith, word dié hoeveelheid reeds tot 30 000 ton per maand vermeerder.
"Die roete is 'n belangrike bron van inkomste vir TransNamib in terme van mangaanvervoer,” sê hy.
“TransNamib het ongeveer 150 werknemers verlede jaar in die Suide aangestel om die groei in die vervoer van mangaan vanaf Ariamsvlei na Lüderitz te ondersteun,” sê hy.
Die spoorbaas en sy topbestuurspan was vanaf 13 Mei op 'n vier dag lange reis op TransNamib se vlagskiptrein, die Desert Express, om eerstehands te ervaar waarheen spoorvervoer in Namibië op pad is.
“Die Covid-19-pandemie het 'n geweldige impak op ons inkomste. Gedurende die vyf weke van inperking het ons 50% van ons inkomste verloor en ons moet innoverende maniere vind om hierdie gapings toe te stop.
“Die impak op die Desert Express weens die staking van bedrywighede, is geweldig. Ons moet nog werknemers en operasionele kostes betaal. Met Covid-19 se negatiewe effek op die internasionale toeristemark, dink ek nie ons inkomste sal binne die volgende paar maande verhoog nie,” sê hy.
Om die toepassing van die kabinetsbesluit oor 'n strategiese besigheidsplan beter te verstaan, sou hulle besoek op Mariental, Aus en Keetmanshoop se stasies aflê.
Volgens Smith moet die uitvoerende hoof die bedrywighede en uitdagings op dié roete eerstehands ervaar.
“Dit is die eerste keer in twee jaar dat ek 'n voltallige bestuurspan het. Dit is nie net belangrik ons kom bymekaar as 'n span en bespreek TransNamib se strategieë nie, maar dié span moet ook fasiliteite besoek en sien hoe ons op grondvlak werk, om werklik ons uitdagings te verstaan. En ons uitdagings is volop,” sê hy.
Smith sê TransNamib is steeds verbind tot winsgewendheid.
“Ons het besluit om die Desert Express te gebruik en sodoende die geriewe op die trein te wys en bemark, as 'n fasiliteit vir slypskole en strategiese werkwinkels,” sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie