TransNamib: Ontsporing, swaelsuurlekkasie onder beheer
TransNamib sê ‘n tenkwa van een van sy treine het ontspoor en gevolglik swaelsuur gelek, maar dat die lekkasie intussen onder beheer gebring is.
Dit volg nadat ‘n ongeluk Maandagoggend omstreeks 00:30 tussen Kransburg en Usakos plaasgevind het. ‘n TransNamib-trein was op pad van Tsumeb na Arandis met 22 swaelsuur tenkwaens. Een van die tenkwaens het egter ontspoor en toe gelek.
TransNamib sê sy noodreaksieplan is onmiddelik ontplooi en die situasie is gou beredder.
“Niemand is tydens die voorval beseer nie, alhoewel 4 meter se treinspoor beskadig is. Dit word tans herstel en TransNamib verwag om dit vandag nog af te handel.
“Daarna sal werksaamhede kan voortgaan,” het die vervoermaatskappy se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, me. Abigail Raubenheimer, in ‘n perverklaring gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie