TransNamib sê afleggings is vrywillig
Die nasionale spoorweg-staatsonderneming wil 340 poste besnoei.
Augetto Graig – Die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) se waarnemende algemene sekretaris, me. Narina Pollmann, het bevestig dat hul landswye middaguur-protesaksie gister by TransNamib-treinstasies sou afskop, nadat hulle soos die wet vereis die karweier se bestuur en die Namibiese polisie daarvan in kennis gestel het.
By die Windhoek-treinstasie het werknemers hul gereedheid hiervoor bevestig.
TransNamib het Dinsdag die reaksie van Natau op gelekte inligting oor honderde komende afleggings verwerp en het die vakbond se planne om daagliks tydens die middaguur te betoog, as onverantwoordelik beskryf.
TransNamib se bestuur sal nietemin met die kabinet se goedgekeurde strategiese sakeplan van 2018 volhou.
Dit vereis dat werknemers van aftree-ouderdom en dié wat nie kernpersoneel is nie, vrywillig bedank. Ongeveer 340 werknemers word geraak, het TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, Dinsdag bevestig.
Raubenheimer sê die staatsonderneming se bestuur raadpleeg gereeld sy werkers en die vakbond oor verskeie kwessies en nie net oor salarisonderhandelinge nie.
“By elk van hierdie vergaderings maak die bestuur 'n punt daarvan om die vakbond van die nuutste finansiële omstandighede van die maatskappy in te lig, en ook die mees dringende kwessies wat die onderneming moet trotseer,” sê sy.
Sy sê net vanjaar is reeds nege sulke vergaderings gehou en die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, besoek minstens een keer per jaar elk van TransNamib se 22 treinstasies landswyd. Hy deel ook maandeliks en weekliks interne kommunikasie om te verseker werknemers bly op hoogte. “Geen werknemer, en beslis nie die vakbond nie, kan sê hulle weet nie van die maatskappy se uitdagings nie,” sê sy.
Sy dring aan die beplande aflegging van werknemers is heeltemal vrywillig en “geen werknemer sal in hierdie stadium gedwing word om die maatskappy te verlaat nie”.
“As die maatskappy egter nie sy teikensyfers bereik nie, sal dié situasie in die toekoms heroorweeg word, omdat die maatskappy tans oorbeman is,” brei sy uit.
Volgens haar is die aanpassing van die aantal werknemers sentraal tot die onderneming se omkeerstrategie. “Dis dus verbasend dat ons maatskaplike vennoot Natau sê hulle het deur die media hiervan verneem,” sê sy, aangesien die sakeplan sedert 2018 bekend is.
“Die bestuur beplan om alle werknemers van die maatskappy te nader, om volledig te verduidelik en al die negatiwiteit uit die weg te ruim wat met hierdie oefening gepaard gaan – ook in die volgende paar weke. Ons bly oop vir gesprekke met die vakbond, ons werknemers en alle belanghebbendes oor enige en al hierdie kwessies,” sê sy.
Pollmann sê egter die vakbond sal nie heen en weer mediavrystellings duld nie.
“As ons mekaar maatskaplike vennote noem, kom ons sit om die tafel en bring bewyse van die beskuldigings wat die maatskappy maak,” sê sy.
Die president van Natau, mnr. William Claasen, sê: “Ons staan by wat ons gesê het en ons posisie is steeds dat ons bereid is om met hulle te praat. Ons vrystelling (verlede Vrydag) was as gevolg van hul onwilligheid om 'n konstruktiewe dialoog te voer.”
Pollmann sê hulle wag op die uitkoms van TransNamib se raadsvergadering eerskomende Dinsdag.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie