TransNamib stil oor redes vir skorsings
TransNamib stil oor redes vir skorsings

TransNamib stil oor redes vir skorsings

Die direksie van die semi-staatsinstelling sê die poste van die geskorste bestuurders sal oop bly tot ‘n ondersoek voltooi is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - TransNamib het gister geen redes verskaf vir die skorsing van twee van sy bestuurders, mnre. Hippy Tjivikua en Struggle Ihuhua nie, maar het slegs gesê dit is noodsaaklik om ‘n ongehinderde ondersoek na beweerde wanbestuur te doen.
Die direksie het die personeel van die maatskappy reeds Maandag ingelig oor die twee se skorsing en gewaarsku dat niemand enige inligting met hulle mag deel nie.
Tjivikua, uitvoerende hoof van strategiese en belanghebbende bestuur, en Ihuhua, uitvoerende hoof van eiendomme, mag ook nie die perseel van TransNamib betree sonder die direksie se toestemming nie.
Die direksie se sekretariaat het gister gesê Tjivikua en Ihuhua se poste sal vakant bly vir die duur van die ondersoek. Na verwagting sal die ondersoek twee maande duur.
Tjivikua wou geen kommentaar lewer nie en Ihuhua was nie op sy selfone beskikbaar nie.
Gerugte het gister ook die ronde gedoen dat ‘n brand by Ihuhua se huis uitgebreek het. ‘n Skootrekenaar van TransNamib is glo in die vuur beskadig.
Intussen het die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Michael Feldmann, aangekondig dat hy uit dié pos wil tree van 5 Junie af.
Hy is as waarnemende hoof van kommersiële bemarking aangestel.
Feldmann het vir Tjivikua as waarnemende uitvoerende hoof vervang. Tjivikua was in hierdie pos sedert me. Saara Naanda geskors is.
Die TransNamib-direksie het gesê die toppos van die maatskappy sal intussen tussen bestuurders roteer terwyl ‘n substantiewe hoof gesoek word.
Hierdie soektog is blykbaar reeds 80% voltooi en sal binne die volgende paar weke afgehandel word.
“In die tussentyd sal die direksie die besigheid moet bestuur met die beskikbare minimum bronne om oorlewing te verseker,” het die direksie aangekondig.
Hulle het gesê hulle sal die personeel van die maatskappy moet uitdun om bedrywighede meer vaartbelyn te maak.
Hierdie uitdunning sal plaasvind deur “vrywillige vroeë aftredes” of “vrywillige afleggings”.
“Terwyl die aflegging van personeel nie uitgesluit kan word nie, sal dit die laaste opsie wees en sal daar aan wette voldoen word. Daar is daarom geen waarheid in die bewering dat personeel afgelê sal word nie,” het die direksie gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!