TransNamib verlu00ea spoorlyn nu00e1 trein ontspoor
TransNamib verlu00ea spoorlyn nu00e1 trein ontspoor

TransNamib verlê spoorlyn ná trein ontspoor

Die nat grond ná swaar reën belemmer herstelwerk aan die spoorlyn waar 'n goederetrein die naweek ontspoor het.
Augetto Graig
Augetto Graig - 'n Span van TransNamib is hard aan die werk waar trein vol mangaan vroeg Saterdagoggend tussen Guibes en Schakkelskuppe sowat 60 km duskant Aus ontspoor het ná swaar reën die grond onder die treinspoor weggekalwe het.

Die trein was met mangaanerts vanaf die Tshipi é Ntle-myn naby Hotazel in die Noord-Kaap na Lüderitz onderweg van waar die mangaan uitgevoer word.

Nuus gister van die toneel af was dat TransNamib besig is om 'n nuwe spoorlyn om die ongelukstoneel te lê, met die hoop om teen Woensdag die roete na Lüderitz weer vir treine oop te stel.

TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, het die naweek bevestig 'n lokomotief en vier waens van Africa Rail het ontspoor het as gevolg van swaar neerslae in die gebied. Niemand is beseer nie.

Mnr. Hein Köster, eienaar van die plaas Kuibis waar die ontsporing plaasgevind het, sê 52 mm reën het in ’n kort tydtjie daar geval.

Hy het gister by navraag gesê die opruimingswerk op sy plaas is goed aan die gang. “Hulle (TransNamib) is besig om die spoor reg te maak. Hulle sê hulle sal die mangaan opruim. Ná die vorige ontsporing verlede jaar (in Septmber) sowat 500 m van hierdie toneel asf, het hulle alles opgeruim,” sê hy.

Köster het kort ná die ongeluk by die toneel opgedaag en sewe waens gesien waarvan vier omgeval het. Die drie op hul wiele was reeds gister verwyder, het hy gesê.

'n Ander bron op die toneel het bevestig wat Köster sê. “Hulle werk hard en is besig om die spoor verby die toneel te lê. Die grond is so nat, daar kan nie swaar masjiene ingebring word nie. Drie trokke het omgeval en die een is van die spoorlyn af, maar staan op sy wiele. Daar is nog nie begin om die mangaan op te ruim nie,” sê hy.

Gelukkig, volgens die bron, hou die seilbedekkings van die waens nog en nie baie van die mangaan het uitgestort nie. Sodra die spoorlyn gelê is, sal die vol waens weer op die spoor geplaas kan word en die steeds bruikbare mangaan verder vervoer kan word, meen hy.

Amptelike inligting deur TransNamib oor die opruimingsproses was nog nie teen druktyd beskikbaar nie.

Raubenheimer het wel bevestig TransNamib se ingenieurs is hard aan die werk.
[email protected]

FOTO
TransNamib-werknemers is besig om op te ruim en die spoor te herlê nadat ’n vragtrein met mangaan Sondag ontspoor het. Foto Hein Köster

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!