TransNamib verloor N$1,5 miljoen per week
TransNamib verloor N$1,5 miljoen per week

TransNamib verloor N$1,5 miljoen per week

Die adjunkminister van werke en die uitvoerende hoof van die nasionale spoorwegmaatskappy het verlede week 'n toer na die Suide onderneem om die omvang van die skade waar te neem.
Sanet de Waal
Francoise Steynberg



Erge reënskade aan die spoorlyne in die ||Kharasstreek bring mee dat TransNamib skade van N$1,5 miljoen per week ly.

Só sê die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, wat verlede week 'n toer saam met die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. Veikko Nekundi, naby Naute in die Suide onderneem het om die omvang van die skade waar te neem.

"Ons het mangaan ten minste vyf keer 'n week vervoer en dit het tot stilstand gekom. Ons verloor miljoene dollar as ons nie met 'n plan vorendag kan kom om te bepaal hoeveel dit ons gaan kos om al hierdie skade te herstel nie," het Smith gesê.

"Hierdie kant van die spoorlyn is 'n ekonomiese roete" met die mangaan wat van die Tshipi é Ntle-mangaanmyn in Suid-Afrika se Noord Kaap-provinsie via die Ariamsvlei-grenspos langs die Trans-Oranje-roete na Lüderitz vervoer word voordat dit uitgevoer word.

Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, me. Abigail Raubenheimer, het in 'n mediaverklaring bevestig die volgende spoorlyne het weens die onlangse swaar reënval verspoel:

* Ariamsvlei na Keetmanshoop: Die treinspoor tussen Gawachab- en Nautestasie.

* Seeheim na Aus: Dele tussen Goageb- en Bucholzbrunnstasie.

* Keetmanshoop na Mariental: Die treinspoor tussen Brukkaros en Asab.

"TransNamib is besig met planne om die spoorlyne tot volle werking na verwagting aan die einde van Februarie te herstel," het Raubenheimer gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!