Transnet wil Eskom help met steenkool, sê nuwe hoof
Francois Williams
Transnet se nuwe uitvoerende hoof, Portia Derby, het die mynbousektor uitgenooi om nouer met Transnet te skakel om die vervoer van mynbouprodukte te verbeter.
Skaars twee dae in haar nuwe pos, het 'n energieke Derby Woensdag by die Mynbou-indaba in Kaapstad gesê die mynbousektor moet nouer saamwerk met Transnet om
aan hom 'n idee te gee wat oor die volgende dekade of twee met die vraag na steenkool sal gebeur.
Transnet bedryf die steenkoolvraglyn tussen die noorde van die land en die Richardsbaai-steenkooluitvoerhawe.
'n Gesamentlike taakspan tussen Transnet en Eskom gaan boonop geskep word om Eskom se steenkoollogistiek te verbeter. Transnet wil Eskom help om meer van sy steenkool per spoor na kragstasies te vervoer.
'n Taakspan gaan ook binne Transnet gestig word om seker te maak die spoorlyne en hawens kan byhou met die uitvoerbestelboek vir steenkool.
Res van Afrika
Steenkooluitvoer bedra 39% van Transnet se uitvoervolumes, en mynbou sorg vir 85% van Transnet se vragvolumes.
Derby sê Transnet sal nouer wil saamwerk met opkomende klein, swartbeheerde myne om hulle te help ontwikkel, byvoorbeeld om sekere taklyne vanuit myngebiede op te knap.
Laer logistieke koste, private investering, integrasie met die res van Afrika en 'n groter klem op die skuif van vrag van paaie na spoor is die vier groot strategieë vir Transnet, het Derby gesê.
Sy het gewys op die teiken van die nuwe Afrika-vryhandelsooreenkoms om intra-Afrika-handel teen 2022 tot 52,3% te verhoog teenoor die huidige karige 17%.
Suid-Afrika dra tans 25% by tot onderlinge handel in Afrika, en sy meen lande soos Nigerië en Tanzanië sal 'n baie groter bydrae moet begin lewer.
Sy sê daar is geen rede waarom Suid-Afrika nie 'n kampioen van herverskeping in die wêreld kan wees nie danksy sy posisie aan die suidpunt van Afrika op die kruispunt van verskeie handelsroetes. Transnet en die mynbousektor kan nouer saamwerk om dié droom waar te maak, sê Derby.
Sy het 'n oorsig gegee van Transnet se projekte in die res van Afrika. Dit sluit vervoerkorridors tussen Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo via Zimbabwe en Zambië in, die ontwikkeling van die hawens in Mosambiek, nouer samewerking met Botswana, en die opknapping van spoorlyne in Nigerië.
Sy het 55 000 werknemers by Transnet met wie sy beter wil skakel, sê Derby.
Ander prioriteite vir haar is kostebeheer, beter benutting van bates en kliëntediens.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie