Tree die regering aan u2013 in die hof
Tree die regering aan u2013 in die hof

Tree die regering aan – in die hof

Dani Booysen
ANDRÉ DELPORT VAN UNITY IN JUSTICE SKRYF:

Dit is met verbasing en teleurstelling dat ek lees van die geweldige belangstelling van die publiek in die skiet van die olifant, Voortrekker.

Ek wil aanvaar dat hy moontlik 'n groot rol gespeel het in die toerisme­bedryf, maar die reaksie van die mense is verstommend.

Ons bevind ons tans voor 'n kruispad in ons demokratiese bestel. Ons leiers tree op soos outokarate, en sou 'n persoon navraag doen oor sekere besluite, versuim hulle om enige antwoorde te verskaf.

Ons lees elke dag in die verskeie nuusblaaie van ongeregtighede en/of ongerymhede en die mense in Namibië aanvaar alles gelate.

Nêrens is daar protesaksies of organisasies wat fondse insamel om die regering deur middel van ons howe tot orde te roep nie.

Neem net die volgende voorbeelde:



OPERASIE KALAHARI

Die president van die Republiek van Namibië is die hoof van all gewapende magte.

Hy mag hulle aanwend soos hy goeddink, maar hy mag slegs optree soos voorgeskryf deur ons Grondwet.

Artikel 26 van die Grondwet bepaal hy moet sy optrede regverdig deur dit te proklameer en in konsultasie met die parlement. Ek kon geen sodanige proklamasie vind nie. Ook vind ek geen bespreking van Operasie Kalahari Desert in die parlement nie.



TABAK IN DIE ZAMBEZI

Namibia Oriental Tobacco CC het reeds in 2013 geregistreer as 'n beslote korperasie en het in 2015 hulle omstrede aansoek om met tabak te boer aan die plaaslike regering gerig.

Daar was verskeie besware teen die aansoek en die aansoek is na die minister verwys vir verdere optrede.

Die minister is verplig om sekere stappe te volg soos voorgeskryf deur wetgewing, maar het dit geïgnoreer.

Ek het verskeie skrywes aan al die betrokke partye gerig. Weereens sonder om enige antwoorde te verkry.

In terme van watter wetgewing kry die minister die reg om so 'n aansoek na die kabinet te neem en die kabinet besluit dan dat die aansoek gunstig oorweeg moet word? Dit slaan my dronk.

Intussen het Namibia Oriental Tobacco CC hulle “founding statement“ op 13 April 2017 verander. Dit lees nou onder “description of principal business – manufacturing of tobacco products; import and export; clearance agency”.

Is die kabinet mislei om te glo hulle gaan met tabak boer of weet die kabinet dat hul nie gaan boer met tabak nie?

Tien duisend hektaar se bome word uitgekap en daar is 'n lou warm reaksie van die publiek.

Ek het nou weer tot die stryd teruggekeer sonder enige sukses. Op 1 Julie het ek namens burgers 'n brief aan president Hage Geingob oor bogenoemde sorge gerig.

Hierin het ek ook uitgewys dat die beslote korporasie aan 'n ene mnr. Yung behoort en op sigwaarde dus nie 'n “joint venture” of vennootskap is nie.

Ek haal uit my slotvertoë aan die staatshoof aan: “Mr President, please place a moratorium on the execution of the approval of Cabinet until the matter has been assessed again and all rules and regulations has been adhered to and all aggrieved parties given the opportunity to raise their objections.

“In my humble view once you have taken cognisance of all the relevant factors you will not allow any farming or dealings whatsoever regarding tobacco products in the Republic of Namibia. We already agreed to that at the World Health Organisation meeting in 2010 and recently in 2019.”



WANNEER GAAN ONS OPSTAAN?

Die enigste manier is om die regering deur middel van 'n regsaksie te dwing om weer te besin oor hulle besluit en waar sal die geld verkry word?

Is daar nie regsadviseurs wat vir die liefde van hulle land sal opstaan nie?

Dan wonder ek of die res van die land besef waarheen ons op pad is?

Wanneer gaan ons opstaan teen die verkoop van ons land?

(Die organisasie Unity in Justice, met die slagspreuk “Support for what is right, oppose wrong doing”, se registrasie-aansoek is reeds by die meester van die hof ingedien.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!