Tree in voor die verval begin
F. A. DREYER SKRYF:
Regtig, agbare president. Ek kon my ore nie glo dat u sogenaamde kenners van Kenia af inbring om Ongombo-Wes se blommeplaas weer te laat herlewe nie. Daardie plaas was nie deur “experts” bedryf nie.
As die regering hulle oë oopmaak voor alles verval, sal dit nie so lyk nie. Hier is genoeg maatskappye en mense wat in die rigtings geleer het om grond te toets en die infrastruktuur reg te maak. Daar is ook doktore wat landbou studeer het wat die mense opleiding kan gee.
Julle wil in elke mislukking wat in elk geval deur julle veroorsaak is nog steeds geld wat julle nie het nie spandeer. Ek is 'n belastingbetaler en dit is glad nie lekker om elke dag die vermorsing van belastinggeld te aanskou nie.
Daar is baie belangriker dinge wat aandag verg as die blommeplaas. En leer hieruit. Gee die mense opleiding voor julle mense hervestig op plase wat ekonomies en selfonderhoudend bedryf was.
Hierdie lys kan nog aangaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie