Tref-en-trap: Fietsryer vandag geopereer
Tref-en-trap: Fietsryer vandag geopereer

Tref-en-trap: Fietsryer vandag geopereer

Yolanda Nel
Yolanda Nel – Dit blyk dat die bestuurder wat Donderdag ’n fietsryer in die Okahandja-distrik raakgery en daarna van die toneel gevlug het, aan die verkeerde kant van die pad was.

Volgens mnr. Basil Bean, pa van die fietsryer Christiaan Bean, was sy seun besig met voorbereiding vir die Desert Dash. Christiaan wou nog een keer die steil bult by die Ovitoto-afdraai ry, maar sy vrou Silke, ook ’n fietsryer, het gesê sy sal hom onder die brug kry. Christiaan het aan sy pa vertel die bestuurder was na bewering in die verkeerde baan.

“My seun het besef die bestuurder gaan nie stop nie en Christiaan het van die teerpad na die grondpad uitgeswaai, maar toe volg die bestuurder hom op die grondpad,” vertel Bean senior.

Christiaan is dwarsdeur die motor se voorruit en het binne die motor geland.

“Ek weet nie hoe hy by die motor uitgekom het nie,” vertel sy pa.

Christiaan is in die staatshospitaal op Okahandja gestabiliseer voor hy per ambulans na die Lady Pohamba Privaat Hospitaal in die hoofstad oorgeplaas is. Hy het sy skouer en sy heup gebreek en daar is baie skade aan sy knie. “Hulle het reeds aan sy heup geopereer,” het sy pa gesê.

Christiaan het gister ’n MRI ondergaan en sy knie sal vandag geopereer word.

Volgens sy pa kon die dokters nie vroeër opereer nie, omdat Christiaan bykans die helfte van sy bloed verloor het en sy bloedvlakke baie laag was.

Volgens inligting het die bestuurder hom aan die polisie oorgegee, terwyl ander gerugte lui dat die polisie hom aangekeer het. Christiaan se ouers beplan om ’n prokureur te nader om ’n saak van poging tot moord aanhangig te maak.

Silke het ’n video van die insident afgeneem wat wyd in die sosiale media gedeel is. In die video kan die omvang van die skade aan die motor en Christiaan se fiets gesien word. Die video wys ook hoe die bestuurder, saam met ’n passasier, van die toneel vlug.
[email protected]

FOTO
Die fietsryer Christiaan Bean wat verlede week deur 'n tref- en-trapper van sy fiets afgery is. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!