Treinspoorraaisel: Dit was nie moord
Bewysstukke wat op selfdood dui, sal as deel van 'n geregtelike doodsondersoek aan 'n landdros vir oorweging voorgelê word.
Ronelle Rademeyer
Die 29-jarige me. Elna-Marie (Ella) Abbott is nie vermoor nie.
Haar jonger suster, me. Elzane Abbott (28), het gister bevestig dat sy deur die polisie só ingelig is.
Die moontlikheid van moord is uitgeskakel, het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van openbare skakeling by die polisie, by navraag gesê.
Ella, wat deur haar beste skoolvriendin, me. Kim Groenewald, “as 'n laggende sonskynmens” beskryf is, se onthoofde lyk is omstreeks 07:30 Vrydag deur mnr. Kaveri Hengari, masjinis van die trein uit die Suide, langs die treinspoor digby Game en die Marigold Hotel in Windhoek opgemerk.
Dit was nadat haar familie en vriende sedert Woensdagaand naarstiglik op Facebook na haar gesoek het.
Ella het volgens inligting 'n liefdesteleurstelling beleef.
Volgens Elzane het familie en vriende bekommerd geraak na aanleiding van wat sy Woensdagaand in 'n teksboodskap oor haar gemoedstoestand laat blyk het.
“My sussie was van goud aanmekaargesit. Sy was die sagste, liefste mens,” sê Elzane en vertel Ella het nadat sy in Februarie haar werk as spysenieringsbestuurder by die Marigold Hotel bedank het, vir 'n tyd by haar op Tsumeb gewoon.
Sy het onlangs teruggekeer Windhoek toe om weer werk te soek.
Kanguatjivi het bevestig die nadoodse ondersoek is afgehandel. Hy het ook bevestig daar is nie 'n moorddossier geopen nie en dat die bewysstukke nou as deel van 'n geregtelike doodsondersoek (GDO) aan 'n landdros voorgelê sal word.
Dit sluit onder meer verskeie briewe in wat aan familielede gerig is. Die briewe is Vrydagmiddag in haar motor gevind. “Dit sal die landdros se taak wees om aan die hand van al die bewysstukke te bevind sy het haar eie lewe geneem,” sê hy.
Republikein het vroeër berig sy het Donderdagmiddag met haar Volkswagen Golf in die parkeergarage onder die Merensky Tower-woonstelgebou stilgehou en geruime tyd in haar motor deurgebring.
Die sekuriteitswagte, mnre. Clemence Kambonde en Willem Kandjebo, het dit bevestig en gesê toe sy later uitklim, het sy die voertuig se sleutel saam met 'n nota by die ontvangstoonbank in die voorportaal van dié gebou gelos.
Sy het die parkeergarage daarna te voet verlaat.
Volgens 'n ingeligte bron het sy daarna in 'n taxi geklim wat haar naby die Marigold Hotel afgelaai het.
CCTV-beeldmateriaal wat bestudeer is, toon hoe sy omstreeks 19:30 alleen in die rigting van die spoorlyn stap. Sy was geklee in 'n swart baadjie, jeans en tekkies.
Republikein verneem verder die vermoede is dat sy op haar rug gaan lê het, met haar kop gestut op die spoorstaaf. Sy het haar selfoon se oorfone in haar ore gesit.
Medikasie is in haar baadjie se sak gevind.
Twee treine het die nag suid langs dié spoor beweeg – een om 20:30
en die ander een omstreeks middernag.
Republikein verneem ook die posisie waarin haar lyf gevind is met haar kop 'n ent daarvan tussen die twee spoorstawe, is versoenbaar met die impak van 'n trein se wiele.
Verder is dit volgens 'n ingeligte bron ook onwaar dat boodskappe met dreigemente op haar selfoon gevind is.
“Dit is vir my moeilik om te verwerk dat sy só iets aan haarself sou doen. Sy het baie omgegee vir haar liggaam en was baie gesteld op haar voorkoms,” sê Elzane.
Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.
“Ons oudste broer, Charles, is nog in Suid-Afrika en wag nog vir sy paspoort (om uitgereik te word).”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie