Trek is soms die moeite werd
Ons het onlangs na Kameeldoringspruit verhuis.
Dit was nogal ’n moeilike besluit om van Pionierspark af soontoe te trek. Ek het besef die skuif gaan voordele en natuurlik nadele hê.
Die grootte van ons woonstel was die grootste rede waarom ons wou trek. Daar was geen spasie of pakplek nie, en sonder ’n motorhuis is dit ’n groot probleem. Ons plekkie was net té klein.
Ons het na ’n ander plekkie gaan kyk, en om eerlik te wees, het ek nie my hart op hom verloor nie. Dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Ek dink ek het in ’n sprokieswêreld geleef waar ek gehoop het met my bietjie geld gaan ek ’n groot plek kan bekostig. Ek moes gou aarde toe kom en realisties wees. Die ekstra kaste in dié woonstel het wel my aandag getrek.
Met vandag se ekonomie moet ’n mens besluite met jou verstand neem en nie met jou hart nie, anders mag jy oor ’n paar jaar in finansiële moeilikheid beland. Ek wou ’n plek koop sonder om skuld te maak. Met die huispryse soos dit vandag is, is dit makliker om ’n winskopie raak te loop, maar dan moet jy jou huis of woonstel ook teen ’n winskopie aan iemand anders verkoop. Dis ’n bose kringloop.
Die pakkery was soos ’n berg voor my. Almal het aangebied om my te help en het raad gegee. Ek het rêrig gedink ek het alles onder beheer tot die dag van die trek. Soos ander mense ’n dokter of tandarts op speed dial het, het ek my eie trekmense. Kyk, ek hoef nie eens meer vir hulle te sê waar ek bly en hoe groot die lorrie moet wees nie, hulle weet sommer.
Dit klink nou erg, maar ek dink alles het gebeur soos dit moes, trekkery en al.
Die trekmense was betyds en het al ons goed in rekordtyd in die lorrie gepak. Alles is weer sonder probleme by ons nuwe plek afgelaai. Alles het seepglad verloop.
Tot ek terug by ons ou woonstel was en besef het hoeveel goed nog in die kaste is. Ek ry nou nie die grootste kar op die mark nie. Dit sou my seker nog drie keer se ryery gekos het om alles by die nuwe woonstel te kry. Gelukkig het ’n barmhartige samaritaan my uit my verknorsing gered en alles op een slag gelaai.
Ek geniet dit baie meer om uit te pak as om in te pak – veral as daar genoeg kaste is. Ek was nog nie dolgelukkig nie, maar ek het begin besef hierdie was dalk ’n goeie besluit. Tot Sondagaand. Toe voel dit net of alles in plek val – of ons daar hoort.
Dit is ’n nuwe hoofstuk in ons lewens en ek hoop ons kry ons happily ever after.
Ek besef ons kan vir die toekoms beplan, maar omstandighede kan in ’n oogwink verander.
Die verandering kan goed of sleg wees.
Maar ek dink vir nou het ons ons plekkie gevind – ’n plekkie waar hoop weer vir ons wink en waar geluk ons beskore is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie