Triathlon vir kinders vandag
Triathlon vir kinders vandag

Triathlon vir kinders vandag

Triathlon
Tielman van Lill
Charmaine Shannon, bekende dryfveer in driekampkringe, se klub T-Rex Training Tribe bied vandag vanaf 14:45 sy Iron Kids & Titan Teens triathlonkompetisie vir kinders by die Arebbusch Lodge aan.

Ouers kan vanaf 14:45 tot 15:15 hul kleuters en o.8's by die swembad in die kampterrein by die lodge inskryf, waar baniere duidelik die plek sal aandui.

Die kleuters sal om 15:30 wegspring, voordat die o.8-deelnemers direk ná hulle in die pad val. Al drie skofte (draf, fietsry en swem) sal by Arebbusch afgelê word. Kinders onder 10, o.12, asook die junior A- en B-afdelings kan vanaf 16:00 inskryf. Shannon sê die tyd mag ietwat verskil wanneer items gaan begin, maar die o.10's sal onmiddellik ná die prysuitdeling van die eerste groep wegspring.

Die tweede groep deelnemers wat om 16:15 begin, sal vir die swemitems met Shannon se T-Rex bussie na die munisipale swembad in Olympia vervoer word, waarna daar na Arebbusch teruggekeer word om die draf- en fietsryskofte af te handel.

Die kompetisie is só ontwerp dat daar vir elke ouderdomsgroep 'n gemaklike en gepaste afstand is. Die inskrywings beloop N$50, asook N$5 vir toegang tot die munisipale swembad.

Almal word genooi om die dag vol pret en plesier te geniet waar kinders op 'n jong ouderdom aan 'n gesonde leefstyl en sport bekendgestel word.

Vir navrae kan Charmaine Shannon by 081 246 2767 of [email protected] gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!