Trippel die drama op kykNET
Dit was ’n besige jaar met verskeie hoogtepunte vir die kykNET-kanale.
Kykers is regdeur die jaar met topgehalte dramas bederf – van Dwaalster en Spreeus in die eerste helfte van 2019 tot Alles Malan en Fynskrif, wat kykers van Julie tot aan die einde jaar vermaak het.
Kykers was Dinsdagaande voor hul TV’s vasgenael en dit het ná elke episode op sosiale media gegons oor die geheime van klein dorpies, bonatuurlike gebeure, familiedramas en regsake.
Kykers kon eenvoudig nie genoeg drama kry nie.
kykNET het vanjaar, met die kanaal se 20ste verjaardag, ’n groot mylpaal bereik.
En, om dankie te sê, bied die kanaal kykers ’n spesiale verjaardaggeskenk: Van Januarie 2020 af saai kykNET drie nuwe dramas uit – die ideale manier om ’n nuwe dekade af te skop.
Die tweede seisoen van Die Byl, wat in samewerking met Showmax vervaardig is, word van Sondag 5 Januarie af om 20:00 uitgesaai.
Projek Dina word van 4 Januarie af Dinsdae om 20:00 uitgesaai, met die lang verwagte derde seisoen van Sara se Geheim wat Donderdag 16 Januarie om 20:00 begin.
Al drie dramas is 13 episodes lank, wat beteken drie dramas word elke week op kykNET tot vroeg in April 2020 uitgesaai.
Kolonel Piet van der Bijl is terug
Die Byl vertel die verhaal van kol. Piet van der Bijl, ’n briljante speurder wat in die vastrek van reeksmoordenaars spesialiseer.
Sy hele wese is op die besonderhede van die lewe ingestel, en die stukke van die legkaart wat nie altyd wil pas nie.
Sy persoonlike verhoudings ly onder sy werkywer, maar hy sal enigiets vir die mense na aan sy hart doen.
Dit is vyf jaar sedert ons Byl (Waldemar Schultz) en sy span leer ken het. Byl is steeds bekend as ’n superspeurder, maar hy was die rede hoekom kapt. Juan Stuurman (Marvin-Lee Beukes) uit die eenheid bedank het.
Byl se verhouding met Nicki Swanepoel (Milan Murray) het verbrokkel ná hulle vir ’n tyd lank saam gebly het. Hy en genl. Neels van As (Tertius Meintjes) het die strydbyl begrawe, maar nie vir lank nie . . .
Ellie Bonthuys (Barbara-Marié Immelman) het haar dae as sensasie-joernalis vaarwel toegeroep en is deesdae ’n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse polisie.
Die span se kantoor, die ondervragingslokaal en laboratorium het ’n gedaanteverwisseling ondergaan.
Dr. Fritz Barnard (Eric Nobbs) het ’n nuwe assistent, dr. Shani van Rooi (Trudy van Rooy), en kapt. Lena Evans (Lika Berning) is intussen getroud en is ma van ’n jong seun. Carien van der Bijl (Rolanda Marais), Byl se eksvrou, maak ook onverwags haar verskyning.
In die tweede reeks van Die Byl is daar weer ’n rits sake, een in elke episode, wat opgelos word, maar hierdie keer is daar ook ’n paar deurlopende storielyne wat kykers vasgenael gaan hou.
Byl word toenemend emosioneel en fisiek gekonfronteer wanneer sy span die teiken word van ’n reeks onverklaarbare en ontstellende voorvalle.
Ander bekendes wat in die 13 episodes gesien gaan word, is Wilhelm van der Walt, Jody Abrahams, Marlo Minnaar, Jana Kruger, Geon Nel, Marius Weyers, Stiaan Smith, Cintaine Schutte, De Klerk Oelofse, Illse Roos en Denise Newman.
*Die Byl 2 word van Sondag 5 Januarie om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.
Vermiste persone-taakspan neem Kaapstad op horings
“Elke vyf uur word ’n kind in Suid-Afrika as vermis aangemeld. Ongeveer 30% van vermiste kinders word nooit gevind nie, terwyl 50% van vermiste volwassenes nooit weer gesien word nie,” aldus die SAPS Vermiste Persone-kantoor in 2013.
Drie lede met heeltemal verskillende persoonlikhede in een span, ’n magdom vermiste sake in Kaapstad en persoonlike lewens wat byna uitmekaar val – dit en alles meer kan in kykNET se nuwe dramareeks, Projek Dina, gesien word.
Die program speel af in die werks- en lewensruimte van die blitsreaksie-taakspan, waar die druk hemelhoog en die ruimte vir foute piepklein is.
Noudat die taakspan pas deur die Wes-Kaapse polisie saamgestel is, het die lede van die taakspan ’n skynbaar onmoontlike taak op hande – om vermistes in Kaapstad op te spoor en hulle een vir een huis toe te bring.
Tydens hierdie pogings sien kykers hoe drie speurders, spesifiek uitgesoek deur brig. Patricia Dlomo, dae aaneen werk sonder om te slaap, hoe hulle regdeur die nag oproepe maak en ontvang, en hoe hulle die Kaap se gevaarlikste hoekies betree.
Die leier van die span, kapt. Deon Visagie (Tim Theron), is van nature ’n strateeg en ’n ware speurhond. Hy raak obsessief oor die kleinste besonderhede, maar sy vermoë om mense te lees, skiet lelik tekort.
Hy sukkel veral met sers. Lux Dladla (Chumani Pan) se benadering tot speurwerk, wat staatmaak op intuïsie en die vermoë om ’n groot netwerk kontakte op te bou en te benut.
Die taakspan gebruik die hulp van ’n nie-amptelike informant, die vernuftige kuberkraker Charlene “Charlie” Botha (Kay Smith).
Selfs Charlie besef vinnig dié speurtogte plaas haar in meer gevaar as wat sy ooit kon verwag. En die inligting wat sy verskaf, is nie altyd bertroubaar nie. Ao. Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) is die persoon wat die span bymekaarhou.
Sy is eerlik, hardwerkend, ’n familiemens, maar iemand met wie jy nie sukkel nie. Sy hou nie van kleinighede nie en word gereeld in die middel geplaas wanneer Deon en Lux koppe stamp, maar sy weet presies hoe om hulle te hanteer. Sy is ook die een wat die taakspan “Projek Dina” doop.
Ander akteurs in die reeks is Lee-Ann van Rooi, Jana Kruger, Wilhelm van der Walt, Nadia Valvekens, Pierre van Pletzen, Jane de Wet, Zenobia Kloppers, Crystal-Donna Roberts, Christia Visser, Mila Guy, Neels van Jaarsveld, Paul du Toit, Trix Vivier, Elsabe Daneel, Ilse Roos en André Roothman.
Voormalige Valke-ondersoeker, Marcel van der Watt, en Missing Children SA se Nicky Rheeder en Bianca van Aswegen was konsultante vir die reeks.
*Projek Dina word van Dinsdag 14 Januarie om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.
Nóg geheime in Sara se Geheim 3 ontbloot
Sara se Geheim is ’n dramareeks wat in en om Athlone en Durbanville afspeel.
Sara Abrahams, wat swaar dra aan ’n geheim wat sy 35 jaar lank moes bewaar om haar oudste seun (Johan oftewel Johnny) se lewe te red, is die persoon wat die Cloetes, Kiewietse en die Vermeulens saambind. Sara bewaar nie net haar eie geheim nie, maar ook dié van haar kinders.
Kykers het na hul asem gesnak toe Maggie aan die einde van seisoen twee per ongeluk haar geliefde seun, Kelvin (Conway October), skiet. En kort tevore het Maggie en haar suster, Lizzie (Quanita Adams), ontdek hul ma, Sara (June van Merch), het ’n jare lange geheim van hulle weerhou: Hul broer, Johnny (Dawid Minnaar), leef.
Nou word nóg drama en geheime in die derde seisoen van dié reeks ontbloot. Seisoen drie begin waar die tweede seisoen geëindig het. Die dramatiese toneel waar Maggie met Kelvin in haar arms lê, het ’n impak op Sara se hele familie.
Maggie se eks, Ricky (Brendon Daniels), het sy verskyning gemaak en vir haar oudste seun, Aiden (Marlo Minnaar), vertel hy is sy regte pa.
In die nuwe seisoen karring Johnny heeltyd aan Sara om sy geboortesertifikaat te sien, maar Sara weet, dis juis daardie geboortesertifikaat wat nóg ’n groter geheim bewaar.
Ebert (André Weideman) is in rou gedompel oor sy geliefde vrou se dood en voel skuldig omdat hy haar gehelp het om selfmoord te pleeg. Soveel so dat hy kontak met die werklikheid verloor.
Aiden en Inge (Lize-Marié Richardson) het steeds gevoelens vir mekaar, ondanks hul families se negatiewe gevoelens daaroor.
Maar sal Aiden op ’n verhouding kan fokus as sy familie byna verwoes is?
Die hoofkarakters is steeds in die Kaapse buurte Athlone en Durbanville gesetel. En die reeks maak weer ’n draai op Tant Marie (Margot Luyt) se plaas in Stellenbosch, asook in die Elgin-vallei vir past. Benjamin (Keeno-Lee Hector) en Lizzie se wittebrood.
Maar sal Lizzie haar wittebrood kan geniet as sy uitvind haar susterskind is geskiet? En sal Sara dit oorleef as sy uitvind haar dogter het haar kleinseun geskiet? Sy sit nou met ’n reusedilemma: Moet sy haar kind beskerm en haar help om weg te kruip, of moet sy haar aan die polisie oorgee?
Ander bekende gesigte maak ook ’n draai in die derde seisoen. Onder hulle is Ivan Zimmerman, Roeline Daneel, Stian Bam en Monique Rockman.
*Skakel van Donderdag 16 Januarie om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 vir Sara se Geheim in.
Diegene wat seisoen 2 gemis het, kan van Sondag 15 Desember om 20:00 op kykNET&kie DStv-kanaal 145 inskakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie