Tristan uit Afrika-resies na Tokio
Die jongman het gister in Kaapstad ’n prosedure ondergaan om ’n hartkwaal te herstel.
Andrew Poolman - Die jong bergfietsryer Tristan de Lange het lig gewerp op die kommer wat ontstaan het uit sy onttrekking op dag 3 van die Absa Cape Epic toer om mediese redes.
Die 21-jarige De Lange is reeds jare ’n wonderkind op die bergfiets, met ’n Afrika o.23-triomf in die veldresies in Mauritius in 2017, gevolg deur ’n silwer verlede jaar in Egipte. Hy het ook in 2018 by die Statebondspele in Australië meegeding.
Die Windhoeker was baie opgewonde oor die kans om verlede week aan sy eerste Cape Epic-toer van 624 km in agt dae in die Wes-Kaap te gaan deelneem. Hy en sy Duitse spanmaat Vinzent Dorn (20) sou as tweede inskrywing die bystandspan vir Team Centurion Vaude se hoofpaar gewees het.
De Lange en Dorn het in die eerste en tweede skof die pap dik aangemaak om die twee dae onderskeidelik in die 22ste en 21ste plek op die algehele klassifikasie af te sluit.
Gedurende dag drie het die Namibiër hom egter uit die wedren onttrek.
Sy inskrywing op sosiale media Dinsdagaand lui: “Ek is deur ’n draaibal onkant gevang. Soos julle weet, moes ek om mediese redes uit die Cape Epic onttrek. Die bron van kommer was ’n abnormale hoë polsslag en skielike moegheid, binne sekondes.
“Ná ’n aantal toetse en mediese afsprake en menings, blyk dit dat die kwessie die manier is hoe elektriese impulse in my hart uitgevoer word, wat my polsslag die hoogte laat inskiet en my bloeddruk laat daal.
“Die tydsberekening hiervan is vir my baie sleg. Ek moes my Cape Epic op dag 3 kanselleer, asook my onbeskikbaar stel vir die Afrika-kampioenskap (’n kwalifiserende geleentheid vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio) wat oor twee naweke op ons tuiswerf by Farm Windhoek voorlê.
“Ek het die besluit geneem om die mediese prosedure (gisteroggend by Rondebosch in Kaapstad) te laat doen om die kwessie te laat regstel, sodat ek ná my herstel sonder enige wroeging in my kop en met ’n gesonde liggaam die Wêreldbekerseisoen, asook die wêreldkampioenskap aan die einde van die jaar kan gaan aanpak.”
Volgens De Lange is dit nie ’n “massiewe” prosedure nie en kan die hersteltyd so min as twee weke wees.
“Ek sal Namibië egter nie in die komende Afrika-kampioenskap kan verteenwoordig in ons aanslag om ’n plek vir Tokio 2020 oop te ry nie. Ek glo nogtans dat my ander Namibiese rymaats goed in staat is om dit nogtans reg te kry.
“Ek behoort soos normaal terug op die fiets te wees vir die volgende byeenkoms in die SA Bekerreeks vroeg in Mei, in die aanloop tot die Wêreldbekerseisoen.
“Ek sal dus nie daar wees om te help veg vir Namibië se Olimpiese plek nie, maar ek sal terug wees om vir die finale spankeuse mee te ding. Doelwitte het nie verander nie. Die visiere is ingestel. Drome is nog springlewendig.”
SWIEGERS BLY KANNIEDOOD
Die 51-jarige Piet Swiegers van Aus het Sondag ’n individuele medalje as voltooier van sy eerste Absa Cape Epic ontvang.
In die kleure van Team Gondwana Namibia moes sy Suid-Afrikaanse spanmaat, Corrie “Roofdier” Muller, egter vroeg onttrek toe hy tydens die eerste skof siek geword het.
Muller (54) is ’n gesoute ryer wat die Epic agt keer tevore voltooi het en in die proses 72 skofte voltooi het, terwyl hy ook die 2018 Nedbank Desert Dash in ’n viermanspan afgelê het. ’n Nierprobleem het egter daartoe gelei dat hy aanbeveel is om nie meer op kompeterende vlak fiets te ry nie.
Swiegers se finale tyd van 34 ure 15 minute 25 sekondes was uiters kompeterend in die grootmeestersklas vir mans 50 jaar en ouer en inderdaad die vinnigste van die individuele voltooiers.
Die wenspan was twee Switsers, Barti Bucher en Hans Jürg Gerber, in 31:38.58, met net twaalf spanne wat vinniger eindtye as Swiegers opgestel het. Altesame 84 grootmeesterspanne het die volle afstand van 624 kilometer afgelê.
Ander spanne met Namibiese lede wat vanjaar die Cape Epic voltooi het, was:
Morné Nell (NAM) en Martin Cilliers (RSA), 105de in mansresies en 193ste algeheel (38:11.36) – Megatech Delispices.
Jaco Lamprecht (NAM) en Riaan Boshoff (RSA), 94ste in meestersklas en 300ste algeheel (41:59.15) – Hollard Namibia.
Peter Le Riche (NAM) en Derrick Langford (NAM), 164ste in mansresies (43:25.05) – Lighting Innovations
VOORBEREIDING
’n Groep van 13 Namibiese bergfietsryers het gister na Bloemfontein vertrek om komende Saterdag aan die tweede byeenkoms in die SA Bekerreeks deel te neem.
Vir die Namibiërs in die elite klas is dit nie net voorbereiding op ’n sterk aanslag in die Afrika-kampioenskap by die Farm Windhoek baan in Kleine Kuppe op 12 en 13 April nie, maar ook goeie blootstelling.
Die getalle by die wegspringstreep van enige ouderdomsgroep sal veel groter wees as wat meestal by plaaslike resiese ondervind word.
Alex Miller en Xavier Papo sal die Namibiese mededingers in die elite mansklas wees, asook die gedugte Michelle Vorster by die elite vroue.
Die jonger Namibiese groep is Hugo Hahn (o.18), Bergran Jensen en Monique du Plessis (o.16), Kevin Lowe en Laura Engling (o.14), Roger Suren, Marco Thiel, Sean Lowe, Delsia Janse van Vuuren en Marie Thiel (o.12).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie