Troeteldiere van kleins af versorg
Tanja Bause – Grace Nambonga en Lucas Tutaleni, beide drie jaar oud, het onlangs by dr. Erika de Jager van die Tsumeb Veterinary Clinic ingestap sodat hul babahondjies ingeënt kan word.
Volgens me. Mercia Tutaleni is Maxie haar seun, Lucas, se beste maatjie.
“Dit is ná 16 jaar die eerste hond wat ek weer besit. Ek het 'n klein hondjie gehad wat ek vir my ma moes gee toe ek en my man in 'n woonstel ingetrek het waar diere nie toegelaat was nie. Die hondjie het later weggehardloop en ons was lank baie hartseer oor hom,” het sy gesê.
Aan die begin van die jaar het vriende gevra of die gesin vir 'n paar maande hul hond kan versorg.
“Ons het dit gedoen en op die hond verlief geraak. Sy was dragtig en het tydens haar verblyf by ons kleintjies gekry en dit is hoe Maxie by ons aangekom het. Ons het nou 'n huis met 'n groot erf en ek en my man het besluit dit is tyd dat die kinders 'n hond kry.”
Aangesien Lucas en Maxie alles saam doen, is dit vir haar belangrik dat Lucas leer om Maxie te versorg en na hom te kyk en dit sluit in die besoek na die veearts.
Mnr. Junias Nambonga het gesê dis vir hom ook belangrik dat sy dogter Grace van kleins af weet van die verantwoordelikhede wat met 'n troeteldier gepaard gaan.
“Ons het reeds 'n groot hond by die huis, maar het besluit om klein Zola vir Grace te kry. Zola moet van kleins af al haar inentings en spuite kry, want sy en Grace speel saam en doen alles saam. As sy nie ingeënt is nie en dalk vir Grace byt, kan daar dalk probleme kom. Die spuite is ook vir elke hond belangrik sodat hulle sterk en gesond kan grootword,” het hy gesê.
De Jager sê: “Die inenting van klein hondjies teen die parvovirus (katgriep) is baie belangrik en die enigste manier om die siekte te voorkom. Babahondjies kry gewoonlik drie inentings op die ouderdom van ses weke, nege weke en 12 weke.
“By ons praktyk in Tsumeb neem ons 'n foto van elke hondjie wat ingeënt word saam met sy eienaar, om op ons Facebook-blad ook ander mense aan te moedig om dieselfde te doen.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie