Troeteldiereienaars op Aus gee om
Tanja Bause – Die klein nedersetting van Aus het vanjaar al vier Spay-a-thons vir honde en katte gehou. Met die bystand van die Have-a-Heart organisasie, is altesame 94 honde en 12 katte gesteriliseer.
Me. Francis Cloete ry al etlike jare deur Aus om honde uit haar eie sak versorg. Sy het ook die honde ingespuit met ’n voorbehoedmiddel wat ’n leeftyd van drie maande het. Cloete het die eerste Spay-a-ton met die hulp van ’n veearts uit Suid-Afrika gereël, maar toe sy getrek het, het me. Lela Roemer oorgeneem.
“Die mense hier is baie lief vir hul diere en ons sien baie min ondervoede of mishandelde diere op Aus,” het me. Christine Swiegers gesê.
Volgens haar is die inwoners van Aus baie dankbaar vir die dienste en daag hulle in groot getalle met hul diere op.
“Hulle sit en wag totdat ons met hul honde en katte klaar is en die diere wakker is voordat hulle die troeteldiere huis toe neem.”
Mnr. Christian Witbooi wat by die hotel op die dorp werk, praat voor elke veldtog met inwoners. Te danke aan die bewusmaking, is almal gereed en daag op as die veldtog die dag aanbreek.
Have-a-Heart het ook met die laaste veldtog vier kathokke uitgeplaasom wildekatte te vang sodat hulle ook reggemaak kan word. Net twee katte is egter gevang.
Die honde kry elk ’n inentingskaart en twee maande ná die operasie kry hulle ’n opvolg-inenting.
“Aus is baie klein en almal ken mekaar. Hierdie soort samewerking is wonderlik,” het Swiegers gesê.
Volgens haar betaal die mense vir die regmaak so veel soos hulle kan. Sommige kan net N$5 bydra en hulle doen dit.
Die meeste koste word deur Have-a-Heart gedra hoewel besighede op die dorp ook geld vir die doel insamel. Die veeartse, dr. Ian Baines en dr. Maya Dahlberg in Windhoek, werk verniet en Have-a-Heart betaal vir al die middels wat tydens die operasies en inentings benodig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie