Trofeë vir konings
Taksidermie is ’n duur bedryf, met tot 95% van noodsaaklike materiaal wat ingevoer moet word.
Augetto Graig - Kings Taxidermy op Otjiwarongo is ‘n florerende onderneming gevestig op stiptelikheid, kommunikasie en gehalte.
Volgens die stigter, mnr. Riaan Dreyer, is dit die drie pilare waarop hulle hul merkwaardige sukses die afgelope agt jaar gebou het.
Hy wys ‘n mens vinnig op die “fabriek-agtige, sewedagwerksweek-reëlmatigheid” van die onderneming.
Dit stel Kings Taxidermy in staat om produkte binne ‘n gemiddeld van ses tot agt maande te lewer. “Ek dink nie daar is iemand vinniger nie,” sê hy.
Dreyer was 16 jaar oud toe sy belangstelling in taksidermie geprikkel is. Op die ouderdom van 19 het hy interne opleiding by ‘n plaaslike opleiding taksidermis ontvang. Daarna het hy vir vier jaar by die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad sy vaardighede en vakmanskap geslyp.
In 2004 het hy na Namibië teruggekeer en in Windhoek gewerk. In 2011 het hy op sy eie begin werk, om sodoende meer vryheid te hê en te doen wat hy weet die kliënt wil hê. In vennootskap met ‘n entrepreneur, mnr. Fanie Badenhorst Junior van Fabupharm, het Dreyer sy droom bewaarheid.
By Kings Taxidermy word selde dooie troeteldiere aanvaar. Dreyer sê dit is baie ingewikkeld om die karakter van die troeteldier uit te beeld “en hier gaan dit alles oor produksie”.
In Junie is die produksiefasiliteit met 750 m² uitgebrei en hulle het ingetrek. ‘n Kroeg om potensiële kliënte te onthaal en moontlik te oorreed, word tans voltooi. Die kroeg is van swaar hout, net soos die res van die interieur, en word alles op die perseel gemaak.
Tussen 88% en 90% van die voltooide taksidermieprodukte word na die buiteland verskeep in die vorm van trofeë vir tevrede jagters.
Daarvan gaan 70% Amerika toe en sowat 30% na Europa. “Jagters bring hul klante met die trofeë na ons toe, ons rond dit af en verskeep dit,” verduidelik Dreyer.
Die onderneming en sy dienste word hoofsaaklik mondeling bemark onder professionele jagters en leweransiers.
“Ons lewer baie diens aan jagplase en ry dikwels duisende kilometer ver om die dier te slag en bewerk. Elke jagplaas kort ‘n slagter,” meen Dreyer.
“Die jagmark het baie gegroei, tot laas jaar toe hulle in Suid-Afrika opgehou leeus jag het en ander goedkoper spesies as kompensasie aangebied het. Vanjaar het besigheid weer toegeneem. Die jag- en toerismebedryf doen goed, selfs al affekteer Suid-Afrikaanse politiek ons.”
Taksidermie is ’n duur bedryf, met tot 95% van noodsaaklike materiaal wat ingevoer moet word, hoofsaaklik chemikalieë. Die masjiene word spesiaal in Durban vervaardig en die meer gespesialiseerde toerusting kan tot miljoene kos, sê Dreyer.
Tog bly selfproduksie vir Kings Taxidermy ‘n prioriteit.
Die leerlooiery is uitgebrei en het tans drie gekwalifiseerder leerlooiers in diens, van wie twee by Kings opgelei is, sê Dreyer.
“Ek het die kennis gehad, maar nooit die tyd om dit te doen nie. Derhalwe was ons verplig om die looiery op te rig.” Dreyer sê hy sien om na sy werkers. "Ek het ook jare lank vir 'n baas gewerk en ek weet hoe dit is. Ek gee my werkers kos en sorg vir hulle, want ek glo as jy na jou personeel omsien, sal hulle na jou omsien." Kings Taxidermy het tans 22 werkers in diens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie