Tronk toe met Chiradza
Die omstrede Zimbabwiese dokter Yevai Chiradza is sedert Vrydagmiddag agter tralies nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is.
Denver Kisting – Presies drie jaar nadat sy roekelose en nalatige bestuur aan die verkeerde kant van die pad die dood van drie mense veroorsaak het, is Yevai Chiradza tronk toe gestuur.
Landdros Unchen Konjore het die omstrede Zimbabwiese dokter voor middagete Vrydag in die Karibib-landdroshof aan strafbare manslag én roekelose en nalatige bestuur skuldig bevind.
Enkele ure later, omstreeks 15:00, is Chiradza tronkstraf van vier jaar opgelê weens strafbare manslag.
Ses maande van dié vonnis is vir vyf jaar opgeskort mits hy nie tydens hierdie tydperk aan dieselfde misdaad skuldig bevind word nie.
Wat die skuldigbevinding aan roekelose en nalatige bestuur betref, het Konjore ’n boete van N$3 000 of gevangenisstraf van nege maande opgelê.
Sou Chiradza nie dié boete betaal nie, sal die twee korrektiewe vonnisse terselfdertyd uitgedien word, het die landdros gelas.
Mnr. Konrad Louw is op Sondag 12 Julie 2015 dood enkele ure nadat Chiradza met ’n gehuurde voertuig reg van voor teen hulle gebots het nadat oomblikke vantevore ’n ander voertuig ook getref het.
Sy ma, me. Welmine Louw, het kort daarna – tydens die vroeë oggendure van 13 Julie – aan haar wonde beswyk.
Twee dae ná hulle gesamentlike begrafnis is die familie ’n verdere knou toegedien toe me. Louw se suster, me. Alet Junius, ook weens daardie ongeluk omgekom het.
Dít het Junius se enigste kind, me. Sonja Junius, wees gelaat.
Sy en ’n neef, mnr. Johan Junius, was naas Chiradza die enigste twee mense wat die gru-ongeluk tussen Karibib en Usakos oorleef het.
Sonja kan vanweë die beserings wat sy opgedoen het niks van die ongeluk onthou nie terwyl Johan dikwels die gebeure in drome herleef.
Me. Norelle Louw, Welmine se dogter, het Vrydag gesê: “God is goed. Ons sê steeds dankie. Moet aangaan. Hulle sou dít wou gehad het. (Maar) met ’n reusepyn in siel.”
Tydens Chiradza se onlangse twee dag lange verhoor het mnr. Dalon Quickfall, die staatsaanklaer, gesê die polisieondersoek het onthul Chiradza het 140 km per uur gery ten tye van die ongeluk.
Chiradze se weergawe oor hoe hy aan die regterkant van die pad beland het, is dat sy regtervoorband gebars het terwyl hy 110 km per uur gery het.
Vyf getuies, insluitend Johan, het namens die staat in die verhoor getuig, terwyl Chiradza in sy eie verdediging getuig het.
Mnr. Willem Visser, die Grootfonteinse prokureur wat Chiradza se verdediging behartig het, het aan Republikein gesê die landdros sal eers vandag die uitspraak en haar redes vir die vonnis beskikbaar stel.
Sodra hy dit bestudeer het, sal hy in oorleg met sy kliënt besluit of hulle gaan appelleer.
Vrydag was dit ook nog nie duidelik waar presies Chiradza sy vonnis sal uitdien nie.
Hy sou oor die naweek in die polisieaanhoudingselle op Karibib gehuisves word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie