Tronke pas strenger Covid-regulasies toe
Die implementering van nuwe maatreëls is om die verspreiding van Covid-19 in korrektiewe geriewe die hoof te bied.
Augetto Graig
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het van verlede week nuwe maatreëls geïmplementeer om die verspreiding van Covid-19 in tronke hok te slaan.
Volgens komm.genl. Raphael Hamunyela, hoof van die Korrektiewe Dienste, sal die strenger maatreëls tot eerskomende Donderdag geld, in lyn met die regering se landswye inperking in reaksie tot die derde golf van die pandemie.
Van die maatreëls wat tans geld, is dat besoeke opgeskort is, selfs prokureursbesoeke moet waar moontlik telefonies geskied; hofverskynings in landdroshowe is opgeskort, tensy howe anders beveel; begeleide besoeke na hospitale is geskrap, behalwe in noodgevalle.
Buitewerk insluitend bouprojekte is opgeskort, met die uitsondering van die instandhouding van die korrektiewe instansies.
Gevangenes se sport en fisieke oefening is gestaak, terwyl deelname in rehabilitasieprogramme tot agt gevangenes en twee korrektiewe beamptes beperk is; slegs gevangenes van dieselfde sekuriteitsklassifikasie mag in ’n groep wees; streng sosiale afstand moet gehandhaaf word; gevangenes moet gesigmaskers dra; die gebruik van skootrekenaars binne selle is opgeskort; toegang tot rekenaarlaboratoriums word tot tien persone vir slegs twee ure beperk; en
geletterdheidsprogramme by alle korrektiewe geriewe is gestop.
Gevangenes sal deurentyd gebiede ontsmet waar baie mense beweeg en die voorbereiding van kos gaan voort met ’n beperking van net tien mense insluitend korrektiewe beamptes, en slegs volgens skedule.
“Alle korrektiewe beampte het die verantwoordelikheid om voorsorg te tref om gesondheid by hul huise en by korrektiewe geriewe te handhaaf,” het Hamunyela gesê.
Gesondheidswerkers by korrektiewe geriewe moet verseker handewasgeriewe en termometers is by ingange beskikbaar.
“Enige blootstelling van beamptes aan Covid-19-positiewe gevalle moet aangemeld word,” sê hy.
Nuwe gevangenes sal vir sewe dae geïsoleer word voordat hulle in die tronke toegelaat word en verplasings tussen korrektiewe geriewe is opgeskort tensy in ’n noodgeval. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie