‘Trots op Namibië’
Nasa, oftewel Namibië se ruimtewetenskaplike, gesels oor sy onlangse praatjie in Walvisbaai asook sy liefde vir sy geboorteland.
Elvira Hattingh - “Ons is soos olifante, ons hou aan terugkom hierheen. Dit help nou maar nie, die stof van hierdie plek bly in jou bloed.”
So praat die Namibies-gebore dr. Japie van Zyl, mededirekteur van Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL), terwyl hy pas weer met vakansie in sy geboorteland was en nou ’n “neseiertjie” of ’n aftreehuis vir hom en sy vrou, Kalfie, in Swakopmund restoureer.
Die bekroonde ruimtewetenskaplike, wat onder meer met die gesogte goue Nasa-toekenning vir uitstaande leierskap spog en aan wie die Universiteit van Stellenbosch onlangs ’n eredoktorsgraad toegeken het, het verlede Donderdag sommer ook ’n praatjie op Walvisbaai ingewerk.
Hy sê hy was verbaas om te sien hoeveel kinders dit bygewoon het – veral meisies – en oor die goeie vrae wat gevra is. Hy bied graag praatjies hier en in Suid-Afrika aan omdat hy glo hy moet teruggee aan Namibië en Afrika.
“Dit is die plek is wat die grondslag vir my opleiding gelê het. As ek as kind ’n kans gehad het om na ’n wetenskaplike van Nasa te kon luister, sou my lewe soveel anders gewees het. Daarom doen ek dit en as ek selfs net een kind kan inspireer om ook groot hoogtes in die ruimtewetenskap te bereik, is ek tevrede dat ek ’n enorme bydrae gemaak en my doel bereik het,” het Van Zyl gesê.
LAAT JOU NIE GAAN
Hul plan is om eendag in Namibië, by Swakopmund, te kom aftree. Hy sê hulle woon al sedert September 1982 in Amerika, maar Namibië laat ’n mens nooit regtig gaan nie.
“Natuurlik wil ’n mens altyd terugkom na jou mense en jou batterye hier kom herlaai. Dit is altyd vreeslik lekker hier en mense is so ongelooflik vriendelik - soveel so dat mense ‘daar oorkant’ altyd vir my kom vertel van die vriendelikheid van Namibiërs. Dit maak my baie trots.”
Van Zyl sê daar bestaan nie vir hom iets soos ’n ‘aftree ouderdom’ by Nasa nie en dat sy werk nog te interessant is. “Ons is egter nie meer vandag se kinders nie. Ons berei vir ons ’n nessie hier voor waar ons dalk oor ’n paar jare sal kom woon. Al is dit dalk net vir eers vir die helfte van die jaar of so, ons sal maar nog sien – dit hang af van hoe lekker ek werk.”
Van Zyl praat onbelemmerde Afrikaans en sê hy verstaan nie dat mense wat oorsee woon dit soms verleer nie. Hulle praat egter nog dikwels Afrikaans met hul vriende en wanneer hulle byvoorbeeld met skole Skype.
Hy sê dis moeilik om ’n enkele gebeurtenis by Nasa as die hoogtepunt van sy loopbaan uit te sonder.
“Elke dag gebeur daar weer iets nuuts en dan dink ek, hiérdie is nou die hoogtepunt. As ek egter iets móét uitsonder, sal dit seker maar die suksesse met Curiosity wees.”
Van Zyl se groot deurbraak het op 6 Augustus 2012 gekom nadat dié verkenningstuig suksesvol op die rooi planeet geland het met die doel om vas te stel of toestande op Mars ooit van so aard was dat dit lewe sou kon steun – iets wat inderdaad bevestig is.
NAMIBIË – OP MARS
Op die vraag of hy as Namibiër ’n invloed daarop gehad dat sommige plekke op Mars na Namibië vernoem is, sê hy: “Ek sal natuurlik altyd stry en sê dit was nie ek nie. Die geoloog prof. John Grotzinger was egter vantevore die projekwetenskaplike het self baie navorsing in Namibië gedoen. Hy is tans weer besig met navorsing in die Namib-Naukluft park.
“Tussen my en hom het plekke op Mars dikwels name gekry wat aan Namibië herinner, maar plekke op Mars word meestal volgens die geologiese eienskappe na plekke op aarde vernoem.”
Gevolglik bestaan plekname soos Naukluft Plateau, Gobabeb, Namib Dune, High Dune, Berseba-krater op Mars.
“Ek sê altyd Mars is my ‘favorite’ planeet, want as ek sit en verlang en na foto’s daarvan kyk, herinner dit my so baie aan Namibië,” sê Van Zyl.
Oor of daar binnekort mense op Mars sal kan rondloop, is hy meer skepties.
“Tans bestaan daar nog nie tegnologie om mense van die planeet af terug te bring nie. Nasa is van mening dat mense eers teen die láát 2030’s op Mars sal kan land. Mense sal waarskynlik vroeër rondom die planeet kan vlieg.”
Van Zyl sê voort sien hy uit na ’n tipe helikopter wat moontlik teen 2020 na Mars gestuur kan word om vas te stel of lewe wel op die planeet bestaan het. Daarna moet Jupiter se maan, Europa, verken word nadat vasgestel is dat dit water bevat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie