Trotse dertig jaar virtueel gevier

Al die legendes van Namibiese padwedlope het oor die jare aan dié ikoniese byeenkoms deelgeneem.
Die jaarlikse Rössing nasionale marathonkampioenskap sal op 19 Junie vir die dertigste keer deur dié mynmaatskappy as hoofborg aangebied word.

Vanjaar sal deelnemers nie soos in die verlede buite Swakopmund saamtrek om die 42.2 kilometer padwedloop te pak nie. Rössing sê weens Covid-19-beperkings word die mylpaal eerder gevier deur die wedloop virtueel aan te bied.

Dié marathon was oorspronklik vir 6 Maart beplan, maar is weens beperkinge tot Junie uitgestel.

Hardlopers sal dus nou op enige plek in die wêreld kan deelneem.

Die byeenkoms is deel van Rössing se maatskaplike belegging en 'n mini-marathon sal in Swakopmund gehou word. Veteraanatlete van verskillende klubs sal genooi word om hul slag te wys en 'n prys op te raap.

'n Ontwikkelingsbonus sal aan die ope wenner gegee word, maar geen nasionale kampioen sal bekroon word nie, omdat alle deelnemers nie onder dieselfde weerstoestande óf op dieselfde roete hardloop nie.

Daylight Ekandjo, korporatiewe kommunikasiebestuurder van Rössing, sê die dertigste jaar is 'n mylpaal en die reis moet met hardlopers van oor die hele Namibië gevier word.

“Ons het vir 2021 'n groter byeenkoms in gedagte gehad, maar weens Covid moet ons die veiligheid van die atlete eerste plaas. Die alternatief was 'n virtuele marathon en ons is vol vertroue dat plaaslike hardlopers van oor die land sal deelneem om die oomblik te vier.

“Die mini-marathon is net vir veteraanatlete wat deur Swakop Striders uitgenooi sal word. Vir die virtuele marathon nooi ons alle Namibiërs uit om voor 21 Mei op Events Today se webblad te registreer.

“Dit is belangrik dat atlete betyds moet registreer, dan kan die organiseerders elkeen se wedrenpakkie betyds aflewer,” het sy gesê.

Atlete wat wil deelneem, word herinner om 'n toep op hul fone af te laai van 'n skakel wat deur Finish Time ná hul registrasie verskaf sal word.



FOTO’s
Mynhardt Kauanivi, die 2020 kampioen van die Rössing nasionale marathon, is een van die atlete wat genooi sal word om aan die mini-marathon deel te neem. Foto verskaf

Die Rössing-marathon het oor die jare merkwaardige groei getoon, met meer as 700 inskrywings wat vir verlede jaar se byeenkoms ontvang is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!