Trou is nie perdekoop nie
Dis voorwaar ’n jaar van troues in ons vriende- en familiekring.
Lank – amper jare – was dit dodelik stil op die troufront in my sosiale kringe, en nou skielik is daar in die eerste helfte van die jaar sommer vier!
Eers was dit ons jare lange vriende se dogter wat verlede maand getroud is. Toe het ons Saterdag behoorlik lekker troue gehou met vriendin Louise en haar nuwe man, Jannus. Volgende aan die beurt is dit my kleinniggie waarvoor my kinders moet ringe indra, en dan is dit kollega Yolanda wat einde Mei die knoop deurhak.
Dis altyd vir my so ongelooflik – ná maande se beplanning is alles binne ’n oogwink iets van die verlede. Tussen die huweliksbevestiging, die foto’s wat geneem word om die dag vas te vang, heildronke wat ingestel word en die after party, word daar lekker gekuier. Dis ook nie lank nie of die nuwe egpaar is weg op honeymoon, en die gaste wat ver gery het om die spesiale dag saam te geniet, val weer in die pad, en ouers groet hul seun of dogter wat nou elders moet gaan nesskrop.
In dié paar ure word daar nie dan gedink aan die maande se beplanning en reëlings wat die groot dag voorafgegaan het nie. Sommige mense beplan jare aan die groot dag, veral as daar vir ’n spesiale venue gewag moet word, soos my vriendin Natalie in die Kaap; ander weer net ’n paar maande, of soos in ons geval is ons sommer binne ses weke ná ons verlowing getroud.
Of jy nou maande lank of sommer binne ’n kwessie van weke aan die groot dag beplan - alles wat daarmee gepaard gaan, is in elk geval ewe vinnig verby. Die enigste voordeel aan vinnig trou is dat almal minder tyd het om oor klein goedjies te stres!
Met Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie wat in volle swang is, het ek weer besef hoeveel tyd en geld aan troues bestee word. Soms kan ek nie help om te wonder of dit alles die moeite werd is nie. Hoeveel van die paartjies wat in die afgelope jaar trou aan mekaar trou beloof het, gaan die huweliksbootjie oorleef? Of sewe sakke sout saam kan opeet?
Gaan ek binne die volgende paar jaar weer inskrywings van hulle kry – maar met ander huweliksmaats? Ek hoop nie so nie, maar die harde werklikheid is dat juis dít al die afgelope ses jaar ’n paar keer gebeur het.
My wens vir alle paartjies wat hierdie jaar deelneem, is dat hulle met hul eerste baklei, of die eerste keer wat hulle kwaad vir mekaar gaan slaap, weer die lieflike briefie wat hulle saam met hul inskrywing vir my gestuur het, sal lees. Dat hulle weer onthou hoekom hulle vir mekaar gekies het en hoekom hulle mekaar liefhet.
Intussen wag ek in spanning vir die volgende klompie inskrywings . . . En die volgende troue!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie