Trou is soms ’n perd van ’n heel ander kleur
Ronelle Rademeyer
Trou is nie perdekoop nie, het die oumense gesê.
Op die beste van tye, en in die beste van families, loop die spanning hoog in die aftel na die groot dag.
Maar as die bruidegom vier dae voor die groot dag in ’n pers Teletubby verander, is die voorgenome “transaksie” letterlik ’n perd van ’n heel ander kleur.
So was dit hittete of ons oudste en sy mooie bruid se bruilof het nie Saterdag vaneffe plaasgevind nie.
Aangesien sy hand vol hegte universiteitsvriende eers die naweek voor die troue in Windhoek aangekom het, is uit die staanspoor besluit om die rampartytjie vir Maandagaand 24 Mei te reël. Dít sodat die werkendes op Afrikadag hul seer koppe en sawwe lywe kan lawe.
Wat niemand mee rekening gehou het nie, is sou die jong ramme se gefuif handuit ruk, is die dae tot die Groot Dag min indien regstellende stappe gedoen moet word.
So kom die bruidegom vroeg op Afrikadag onherkenbaar by sy ouerhuis aan. Van sy kroontjie tot sy toontjie is hy pers. . . Gentian Violet-pers.
Gedagtig daaraan dat dinge soos in The Hangover en American Wedding lelik skeef kan loop, het die bruid die strooijonkers voor die tyd die leviete goed voorgelees.
Wat en hoe en wanneer, weet ons nie. Maar iewers gedurende die nag van die rampartytjie het die bruidegom met ’n botttel Gentian Violet van nader kennis gemaak.
Toe die pers Teletubby dus sy opwagting maak, wis ons hier beter wonderwerke gebeur na Saterdag toe, anders is die bruilof af.
Want hoe lyk ’n skone bruid nou aan die arm van ’n pers rampaartie-slagoffer? Horribile visu!
Ons google rate en kure. Koeksoda en asyn kan die ding doen. En Domestos, stel iemand voor. Maak ’n lyfskrop van olie en suiker, seg ’n ander.
Sy maats parkeer hom op ’n trap in die tuin en begin skrop. Die dag daarna, en daarna, en daarna. . . word daar geskrop.
Stadig maar seker word die pers ligter en verdwyn die Gentian Violet uit die groefies in sy vel en onder sy naels.
Uiteindelik, om drieuur Saterdagmiddag, staan hy skoongeskrop en fyn uitgevat op die oewer van ’n droë rivierloop. Toe die musiek begin speel en sy bruid stap hom stralend tegemoet in die “veldkerk” onder kameeldoringbome, vloei die trane onbeskaamd oor sy wange.
Daar sal nog baie pers jakkalsies hulle wingerd probeer verwoes. Maar hulle is die eerste hekkie oor.
Hulle verhouding het die bokkefuif oorleef.
Liefde het geseëvier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie