Trudeau praat met Duterte oor menseregte
Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het gister die lot van die Rohingja-vlugtelinge en buite-geregtelike teregstellings in die Filippyne by ‘n spitsberaad van Asiatiese en Westerse leiers in Manila geopper.
Sensitiewe menseregtekwessies is vermy deur byna al die ander leiers wat die beraad bywoon.
Amerika se pres. Donald Trump het geen druk op die Filippyne uitgeoefen oor die land se bloedige oorlog teen dwelms toe hy Maandag met pres. Rodrigo Duterte vergader het nie.
In ‘n gesamentlike verklaring ná afloop van die ontmoeting, is gesê die twee kante het “beklemtoon dat menseregte en menswaardigheid noodsaaklik is en het ooreengekom om voort te gaan om die menseregte-agenda in hul nasionale programme op te neem”.
Trudeau sê egter hy het tydens sy gesprek met Duterte menseregte, die regstaat en spesifiek buite-geregtelike teregstellings genoem as kwessies waaroor Kanada bekommerd is.
“Die president was ontvanklik vir my opmerkings en was deurgaans vriendelik, en dit was ‘n positiewe interaksie,” het Trudeau op ‘n nuuskonferensie gesê.
Meer as 3 900 dwelmhandelaars en -gebruikers is in die oorlog teen dwelms dood sedert Duterte verlede jaar president geword het. Sy regering sê die polisie tree uit selfverdediging op, maar kritici sê die teregstellings vind sonder enige aanspreeklikheid plaas. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie