Trudi Dicks fassineer opnuut
Die jongste uitstalling van die bekroonde kunstenaar Trudi Dicks, Rare and collectible het op 5 November by The Village Opera House in Liliencronstraat, Windhoek, geopen.
Besoekers kan hul verlustig in die slim gebruik van ongewone materiaal, buitengewone vorms, fyn tegniek en ’n humoristiese aanslag in haar werke. Sy het die vermoë om voortdurend te ontwikkel en altyd vernuwend en relevant te bly. Kollig het met die uitsonderlike kunstenaar gesels.
Vertel ons van jou kinder- en jeugjare.
Ek is op Graaff-Reinet in Suid-Afrika gebore en was een van ses kinders in ’n groot en gelukkige familie.
My pa het gevolg in die voetspore van my oupa wat ’n groot haarkappersalon, Schroeders Haarkappers, in die middel van die dorp gehad het, met yslike spieëls en sy eie geïllustreerde, silwer asbakkies.
My ma was ’n begaafde sangeres en het gereeld in die kerk sowel as in konserte gesing. Sy het al haar kinders op hul troudae besing. Ons het grootgeword in ’n besondere, fyngevoelige omgewing en ons het gereeld aan uitvoerings deelgeneem. Ons kos, tuin en huis was besonders. Ons huis was teen die groot Uitkyk-berge geleë.
Hoe het jou belangstelling in kuns begin?
Ek dink ek moet my kunsonderwyser, Giel Gelderblom, bedank vir sy ondersteuning, aanmoediging en hulp om in kuns te matrikuleer.
Ek het daarna in gimnastiek gekwalifiseer aan die Universiteit van Pretoria waarna ek vir ’n paar jaar skoolgehou het. Ek het my studies in 1965 onderbreek en per skip na Engeland gevaar waar ek en ’n vriendin gewerk het. Dit het gewissel van kroegmeisies, verkoopsassistente, en laastens, weer onderwys gee in Birmingham. Dit was ’n wonderlike ondervinding wat nooit vergete gaan nie en wat ons duidelike lesse geleer en touwys gemaak het met die verloop van ons lewens. Ons verblyf daar was vir slegs twee jaar.
Wat is jou geliefkoosde medium?
Ek hou daarvan om rond te speel tussen kunsmedia en -tegnieke.
Ek was eintlik gedwing om grafies as my medium te kies met die BA Beeldende Kunste-graad wat ek per pos deur Unisa aangepak het in 1981 tot 1986. Verpakking en poswese was maklik, want die werke kon opgerol word. Die naaldwerk in kuns het ingetree toe ek destyds graag na die Franse Ope en Wimbledon gekyk het en ek in die gemakstoel of by ’n klein tafeltjie kon sit en steeds kreatief wees.
Ek het eers grafiese kuns gedoen en daarna probeer om driedimensioneel te werk. Deesdae doen ek eers die beeldhouwerke en dan die lino-ets, houtsnee-afdrukke. Ek werk altyd met ’n direkte idee en dit mag partykeer twee tot vier jaar neem totdat die sindroom uitgewerk is.
Waaruit put jy inspirasie?
Dit wat ek ken en mee gemaklik is.
Ek het byvoorbeeld ’n uitstalling van ons skilpad, Harry, gehou - ’n hele saal vol van wonderlike werk. Die dood van ’n geliefde kat het my tot Dusty Diary gelei waar ek gedurig in die grond gekrap het. Dit was die finale “statement” waaraan ek ’n jaar of meer gewerk en op die Avisdam uitgestal het. Die Avisdam was ’n soeke na ’n nuwe venue wat my uit die galery geneem het. Die kunskenners moes nou na ’n damwal stap om die kuns op die water te besigtig. Ek dink die Avisdam-jaar was die gelukkigste en mees “satisfying” ondervinding van my kunsloopbaan.
Waarna streef jy as kunstenaar?
Van die begin (nadat ek gekwalifiseer het) het ek op die blink lyn beland en my kuns kon deur die hele Suid-Afrika en die buiteland gesien word en ek was wel beloon.
Ek streef om kreatief te bly in die leef van kuns maak. Dit is die prosesse wat my meer interesseer as ’n uitstalling, wat dan uitermate nodig is om te probeer om van die massa werk ontslae te raak.
Is kleur is ’n belangrike deel van jou werk?
Nee, kleur is nie vir my belangrik nie.
Wit-en-swart-drukke is vir my eintlik meer dinamies as kleurwerk. Konsepte is meer belangrik.
Enige besondere hoogtepunte?
Vroeg in my lewe as kunstenaar was ek gekies vir twee uitstaande Suid-Afrikaanse uitstallings waar werke van die beste kunstenaars in Suid-Afrika teenwoordig was.
Ek en Amy Schoeman was die enigste Namibiërs wat gekies is. Vir die tweede uitstalling was dit slegs my eie kunswerke wat gekies was- ’n groot eer. Hierdie blootstelling as kunstenaar het my ’n hupstoot gegee en kunswerke is gekoop vir groot versamelings en kunsmuseums.
Hoe het jou werk in die laaste vyf jaar verander?
Die laaste vyf jaar was eienaardig, want my grafiese kuns is eintlik begrawe met die maak van beeldhouwerk.
Ek kan nog onthou toe Herklaas Viljoen eendag vir my gesê het - toe ek gesit en huil het by die kap van ’n groot houtblok - die beeldhouer moet ’n hart van ’n leeu hê om dit te kan doen.
Dus het ek groot blokke klip gekap en kleiklasse vir ’n paar jaar by Mariana van der Lippe geneem. Sy was ’n meester in kleitegnieke.
In die laaste vyf jaar het ek dus te veel gespeel en nie weer ’n groot artistieke konsep gemaak of gewerk vir ’n groot uitstalling nie.
Die kuns-“scene” het verander en jong mense kom nooit in ’n galery nie en dit is makliker om kuns in winkels te koop as om na ’n galery te gaan. Dit maak mens ’n bietjie moedeloos en laat wonder mens waaroor dit alles nou eintlik gaan.
Jy is ’n inspirasie vir baie jong kunstenaars. Wie inspireer jou?
Ek dink dit was die arme Van Gogh en sy tydgenote wat my geïnspireer het.
Die boek van hom wat ek in Nederlands gelees het, het my eens gemaak met die swaarkry van die kunstenaars.
Wat is vir jou belangrik in die lewe?
Om ’n aktiewe en oopkop-lewe te lei en om jouself bloot te stel aan veranderinge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie