Trump beloof vernuwing vir VSA
Trump beloof vernuwing vir VSA

Trump beloof vernuwing vir VSA

President fokus op “nuwe ­hoofstuk van grootsheid”.
Estelle de Bruyn
Amerika se pres. Donald Trump sê 'n “nuwe oplewing van optimisme plaas onmoontlike drome stewig binne ons bereik”.

Hy sê hy hoop alle Amerikaners sal sy agenda ondersteun en 'n “nuwe ­hoofstuk van Amerikaanse grootsheid” begin.

Dit was sy eerste toespraak voor die Amerikaanse Kongres ná 'n ­onstuimige eerste maand as president.

Trump het gefokus op binnelandse kwessies soos sy plan om die ­Amerikaanse ekonomie te versterk met belastinghervormings, 'n ­infrastruktuurplan van 'n duisend miljard dollar, en die hervorming van die voormalige president, Barack Obama, se gesondheidsorgwet, Obama­care.

Hy het gesê hy hoop op breë hervorming van die Amerikaanse immigrasiestelsel. Hy meen dit is moontlik indien die Republikeine en Demokrate in die Kongres bereid is om 'n kompromie aan te gaan.

Hy sê Amerikaanse immigrasie moet gebaseer wees op 'n meriete-stelsel, eerder as om minder gekwalifiseerde immigrante toe te laat.

Trump sê hervormings sal lone verhoog, wat gesinne sal help om die middelklas te betree.

“Ek glo dat ware en positiewe hervorming rakende immigrasie moontlik is, solank ons op die volgende doelwitte fokus: om werk en lone vir die Amerikaners te verbeter, om ons volk se veiligheid te versterk en om respek vir ons wette te herstel.”

Na 'n maand in die amp, oorheers deur 'n bekgeveg oor sy tydelike reisverbod op sewe Moslem-lande, het Trump gepoog om verby 'n chaotiese tydperk te beweeg wat twyfel in sy vermoë om doeltreffend te regeer, veroorsaak het.

Trump sê hy wou “massiewe ­belastingverligting” gee aan die middelklas en korporatiewe belastingkoerse verlaag.

Hy het 'n beroep op die Republikeins-geleide Kongres gedoen om Obamacare te vervang deur keuses uit te brei, toegang en laer koste te verhoog.

Trump het ook uitgevaar teen die “radikale Islamitiese terrorisme” van die sogenaamde Islamitiese Staat.

Die president is luid toegejuig toe hy belowe het om hierdie “veragtelike vyand van ons planeet” te verwyder.

Sy toespraak was 'n baie meer ­konvensionele presidensiële toespraak as sy inhuldigingstoespraak van 20 Januarie, waarin hy 'n donker prentjie van Amerika geskets het. - Netwerk24/Reuters/BBC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!