'Trump-dossier' ook onder oë
Die ondersoek na pres. Donald Trump en sy bondgenote se bande met Rusland duur voort.
Die spesiale span wat moet bepaal of Rusland die 2016- Amerikaanse verkiesing beïnvloed het, het vrae oor ‘n voormalige Britse spioenasiedossier van die FBI af oorgeneem.
In die dossier word bewerings gemaak oor finansiële en persoonlike bande wat Rusland met pres. Donald Trump en sy bondgenote gemaak het, het bronne aan Reuters gesê.
Die verslag, wat deur ‘n voormalige MI6-offisier, Christopher Steele, opgestel is, identifiseer Russiese sakelui en Russiese intelligensie-offisiere, asook Russiese regeringsamptenare.
‘n Woordvoerder van Robert Mueller, die spesiale ondersoekspan se voorsitter, wou nie kommentaar lewer nie.
Rusland het inmenging in die verkiesing herhaaldelik ontken.
Bronne sê Mueller se span en die Amerikaanse senaat se intelligensiekomitee soek bewyse dat Trump se voormalige veldtogbestuurder, Paul Manafort, en andere finansiële bande met Rusland gehad het en deur die Kremlin se intelligensie-agentskap gehelp is om e-posse en sosialemediaberigte te kuberkraak.
Dít om Trump se teenstander in die verkiesings, die Demokrate se Hillary Clinton, te ondermyn.
Richard Burr, voorsitter van die senaat se komitee, het Woensdag aan verslaggewers gesê die kwessie of Trump se span met Rusland saamgesweer het, bly ‘n ope vraag. “Ons het nog nie enige gevolgtrekking oor sameswering gemaak nie.”
Trump, wat aantygings van sameswering met Moskou as vals nuus bestempel het, staar vrae oor die aangeleentheid in die gesig sedert hy in Januarie die presidentskap oorgeneem het.
Trump het die voormalige direkteur van die FBI, James Comey, meegedeel dat Steele se verslag “ontugtige” materiaal oor die sakeman wat president geword het, bevat. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie