Trump dreig Venezuela se weermag
Trump dreig Venezuela se weermag

Trump dreig Venezuela se weermag

Amerika se pres. Donald Trump het Maandag ’n waarskuwing aan lede van Venezuela se weermag gerig wat lojaal aan pres. Nicolás Maduro bly dat hulle hul toekoms en hul lewe in gevaar stel as hulle nie humanitêre hulp in die land toelaat nie.

Pres. Trump is meestal deur immigrante van Venezuela en Kuba toegejuig toe hy in Miami gepraat het.

Hy sê indien die weermag in Venezuela aanhou om Maduro te ondersteun hulle “nie ’n veilige hawe sal hê nie”.

“Julle sal alles verloor.”

Maduro het later die dag gesê Trump se toespraak was in ’n “Nazi-styl” en Trump tree op asof hy Venezuela se eienaar is en die burgers sy slawe.

Trump erken Juan Guaidó, die opposisieleier in die land, as tussentydse president. Maduro word op sy beurt deur onder meer Rusland en China ondersteun. Suid-Afrika erken ook die bewind van dié sosialistiese president.

Trump het Venezuela se gewapende magte gewaarsku om nie Guaidó of ander opposisieleiers seer te maak nie en ’n beroep op hulle gedoen om sy aanbod om amnestie te aanvaar. Hy het hulle gevra om toe te laat dat kos, medisyne en ander voorraad die land binnekom. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!