Trump: u2018Ek is gemaklik in Withuisu2019
Trump: u2018Ek is gemaklik in Withuisu2019

Trump: ‘Ek is gemaklik in Withuis’

VSA president het in die onderhoud gewys hy is steeds gretig soos altyd om aan verbale mededinging deel te neem.
Pres. Donald Trump het Sondag in ’n onderhoud wat op televisie uitgesaai is, gesê hy is ná byna twee jaar in die amp van president “gemaklik” in die Withuis, ongeag die politieke storms oor immigrasie, handelstariewe en sy benoeming van regter Brett Kavanaugh vir die hoogste hof in Amerika.

“Dit was ’n bietjie surrealisties om te sê ek is die president van Amerika, maar ek dink dit is waar vir almal,” het Trump aan CBS se nuusprogram 60 Minutes gesê.

“Selfs my vriende noem my nie Donald nie, hulle noem my mnr. President en ek sê: ‘Sal jy asseblief ontspan?’ Ek het al baie geleer, ek het. Nou voel ek regtig soos Potus,” het Trump bygevoeg en die akroniem gebruik vir “president van Amerika”.

Trump het in die onderhoud gewys hy is steeds gretig soos altyd om aan verbale mededinging oor ’n verskeidenheid kwessies deel te neem en het geen tekens getoon dat hy van sy ongebonde, in-jou-gesig-persona gaan afstand doen nie.

IMMIGRANTE

Hy wou nie sê of hy enige voornemens het om terug te keer na die omstrede beleid om immigrante se kinders by die grens van hul families te skei nie, maar hou vol ’n streng beleid moet in plek wees oor immigrasie.

“Wanneer jy toelaat dat die ouers saam is, wat dan gaan gebeur, is dat mense na ons land gaan stroom.

“Daar moet gevolge wees as jy onwettig in ons land inkom,” het hy gesê.

Die gesinskeidings en die aanhouding van duisende kinders, meestal van Guatemala, Honduras en El Salvador, het wydverspreide veroordeling van Trump se beleid veroorsaak.

Sowat 2 500 kinders en ouers is geskei voordat Trump die beleid in Junie laat vaar het en dae later het ’n federale regter beveel dat die families herenig word. Die proses is steeds nie afgehandel nie.

KAVANAUGH

Ná die politieke bakleiery in die senaat oor Kavanaugh se benoeming weens die bewerings van seksuele wangedrag teen hom, het Trump gesê sy opmerkings op ’n byeenkoms in Mississippi was nodig om die bekragtigingstryd te wen.

Kritici het gesê die president het Christine Blasey Ford, wat Kavanaugh daarvan beskuldig het dat hy haar seksueel aangerand het toe hulle albei op hoërskool was, op die byeenkoms gespot.

“As ek nie daardie toespraak gelewer het nie, het ons nie gewen nie. Ek het net gesê dit lyk nie of sy als weet nie. En dit lyk of jy ’n man se lewe, wat uitsonderlik was, probeer vernietig,” het Trump gesê.

Hy het ontken dat hy haar gespot het en het gesê hy het haar met respek behandel.

“Ek gaan nie daaroor praat nie, want ons het gewen. Dit maak nie saak nie. Ons het gewen.”

WASHINGTON NIE VIR SISSIES

Trump meen Washington D.C. is ’n “wrede, wrede plek” en taaier as die sakewêreld. “Die aanvalle, die slegsêery, die pratery agter jou rug. Maar weet jy, op ’n manier voel ek baie gemaklik hier.

“Ek het altyd gesê die taaiste mense is Manhattan se eiendomsontwikkelaars, blah, blah. Nou sê ek hulle is babas.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!