Trump en kie speel viool wyl die aarde brand
Trump en kie speel viool wyl die aarde brand

Trump en kie speel viool wyl die aarde brand

Wees verseker dat die bedreigings wat klimaatsverandering inhou, werklik is.
Sanet de Waal
Tony Weaver

Ons lewe in gevaarlike tye.

Ons het in die verlede al gevaarlike tye beleef – die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, die brutaliteit van die Donker en Middeleeue, wêreldwye epidemies, die opkoms van fascisme in Europa en van totalitêre kommunisme in Rusland en China.

In Afrika het ons die opkoms en val van apartheid beleef, volksmoord in Rwanda en Burundi, vernietigende burgeroorloë in onder meer die DRK, Soedan, Somalië, Libië, Ethiopië, Angola en Mosambiek. Ook droogte, hongersnood, rampe, epidemies, die olifant- en renosteroorloë van die 1980’s en die huidige stroperoorloë.

Bostaande was almal van verbygaande aard. Nadat dit aan ’n einde gekom het, kon die gevolge daarvan reggestel word – dikwels met moeite en langsaam, maar dit kon nogtans reggestel word. Klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak is, is egter nie van verbygaande aard nie en die horlosie kan nie teruggedraai word nie.

Die beste wat ons kan doen, is om ons planeet stadiger te verwoes en ons ergste buitensporighede te temper.

Die pas waarteen klimaatsverandering voortstu, laat alle vorige gevaarlike tye soos klein spoedhobbels op ons planeet se snelweg lyk.

COP24-BYEENKOMS

Saterdagaand het sowat 200 lande uiteindelik tydens die COP24-byeenkoms in Pole ingestem tot ’n afgewaterde raamwerk van die Parys-ooreenkoms wat ten doel het om die gemiddelde styging van temperature op aarde tot minder as 2 °C bokant pre-industriële vlakke te beperk.

Om dié teiken te kan bereik, moet daar teen 2030, net 12 jaar die toekoms in, wêreldwyd ’n afname van 45% in die vrystelling van koolstof wees. Die klimaatsooreenkoms beteken egter min sonder die ondersteuning van sommige van die wêreld se ergste besoedelaars en misbruikers van onherwinbare fossielbrandstowwe. Byna al die lande met leiers wat klimaatsverandering ontken, is ook die lande wat tans die gevaarlike globale neiging na ’n eng soort regse nasionalisme navolg. Dit sluit die VSA, Brasilië, Rusland, Saoedi-Arabië en die Filippyne in.

Wees verseker dat die bedreigings wat klimaatsverandering inhou, werklik is.

NUWE STUDIE

Verlede week het die vooraanstaande Amerikaanse Meteorologiese Vereniging die bevindinge van ’n omvattende nuwe studie bekend gestel. Die navorsing het op 17 ontledings van ekstreme weerverskynsels gefokus wat deur 120 wetenskaplikes van 10 lande in portuur-geëvalueerde studies ondersoek is.

Die wetenskaplikes het na sowel historiese as nabootsingsmodelle gekyk om te beslis tot watter mate klimaatsverandering spesifieke ekstreme gebeurtenisse in 2017 beïnvloed het.

Die uitkoms? Die wetenskaplikes stem saam, daar is “duidelike verbande” tussen klimaatsverandering wat die mensdom teweeg gebring het en die 17 ekstreme gebeurtenisse. Dit is onder meer vernietigende droogtes in die VSA en Oos-Afrika, vuurstorms in Australië, katastrofiese oorstromings in Peru, Uruguay, China en Bangladesj, lewensgevaarlike hittegolwe in China en Mediterreense Europa en intense mariene hittegolwe in die Tasmaniese see by Australië.

Soos Nero speel Donald Trump en ander leiers wat klimaatsverandering ontken, viool terwyl die aarde brand. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 621.76/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 882.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 74.69/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 976.91/OZ DOWN -0.0059 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 621.76/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 882.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 74.69/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 976.91/OZ DOWN -0.0059