Trump gaan een van dié 5 vir Fed kies
Dit bly 'n ope vraag wie die volgende voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad gaan wees, nadat Janet Yellen se termyn verstryk.
Vyf mense is op die kortlys van ekonome wat pres. Donald Trump oorweeg vir die pos van voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed).
Dit sluit in die dienende Fed-voorsitter, dr. Janet Yellen, maar die kans is goed dat Trump die 71-jarige Yellen, ’n aanstelling van Barack Obama, sal vervang, al het sy nog net een vierjaartermyn uitgedien.
Die kortlys bestaan uit ’n kombinasie van “duiwe” – mense wat toeskietlike monetêre beleid soos laer rentekoerse voorstaan – en “valke” – mense wat die monetêre skroewe stywer wil draai met hoër rentekoerse.
Volgens drie mense met wie Bloomberg gepraat het, is daar niemand wat ver voorloop nie en “buiteperde” kan ook nog oorweeg word, al is hulle nie op die lys wat Trump se raadgewers voorgestel het nie.
Trump moet dié maand besluit en dan volg ’n maand lange proses in die senaat in November. Yellen se termyn verstryk einde Januarie, maar die voorsitter mag onbepaald herkies word.
Die lys bestaan uit, Yellen, Gary Cohn, direkteur van die Nasionale Ekonomiese Raad, Jerome Powell, een van die huidige sewe lede op die Fed se raad van goewerneurs, Kevin Warsh, voormalige Fed-goewerneur en prof. John Taylor, ekonoom aan Stanford-universiteit.
Dr. Janet Yellen (71) - duif
Hoewel Trump Yellen al vantevore gekritiseer het, het hy in Julie aan The Wall Street Journal gesê hy is ten gunste van lae rentekoerse wat die ekonomie stimuleer. Yellen word as ’n “superduif” beskryf.
Dit tel teen haar dat sy self ’n Demokraat is en deur ’n Demokratiese president, Barack Obama, aangestel is. Trump is op ’n missie om baie van Obama se wetgewing en beleid om te keer.
Dit tel ook teen haar dat sy ’n akademikus is, terwyl Trump verkies om sakelui in kernposte aan te stel.
Gary Cohn (57) - duif
Cohn, direkteur van die Nasionale Ekonomiese Raad, was voorheen president van die beleggingsbank Goldman Sachs. Hy is ten gunste van laer rentekoerse solank as wat inflasie onder 2% bly, maar het die Fed al gekap omdat hy te deursigtig probeer wees oor sy pad vorentoe en daardeur eintlik die markte verwar, na sy mening.
Cohn wil die streng regulasies teen banke wat ná die finansiële krisis van 2007-’08 ingestel is, laat omkeer – nie verrassend nie gegewe sy vorige werk by Goldman Sachs.
Cohn het dalk Trump se steun, maar straks nie die steun van ander lede van die Republikeinse Party nie.
Dinge lyk ook nie goed vir hom sedert hy die president in die openbaar gekritiseer het vir sy opmerkings ná die rassegeweld in Charlottesville, Virginië, nie. Sy agtergrond by Goldman Sachs, juis ten tyde van ’n paar omstrede verhandelings, sal ook in sittings kritiek lok.
Jerome Powell (64) - duif
Powell, een van die huidige sewe lede op die Fed se raad van goewerneurs, is ten gunste van lae rentekoerse.
Hy is ’n Republikein, wat in sy guns sal tel.
Powell is ten gunste van die bankregulasies bekend as die Dodd-Frank Act van 2010, waarteen Trump sterk gekant is, maar het wel voorgestel dat van die regulasies versag word.
Sy siening is dalk té gematig hieroor.
Kevin Warsh (47) - valk
As Warsh aangestel word, sal hy die jongste Fed-voorsitter nóg wees. Hy was ook die jongste toe hy op 35 as een van die Fed se raad van goewerneurs aangestel is.
Hy is ten gunste van hoër rentekoerse, wat dalk teen hom kan tel, maar hy is ook ten gunste van groot veranderinge by die Fed en heelwat minder regulering in die finansiële sektor, waarvan Trump sal hou.
Dit tel in sy guns dat hy self ’n voormalige bankier by die beleggingsbank Morgan Stanley was, asook dat hy ’n ekonomiese raadgewer vir pres. George W. Bush was.
Warsh het ook ’n persoonlike verbintenis met Trump – hy is getroud met Jane Lauder, wie se pa, Ronald, ’n vriend van Trump is. Jane is die kleindogter van die kosmetiekmaatskappy wat haar ouma, Estée Lauder, begin het.
Demokrate sal nie juis sy aanstelling steun nie.
John Taylor (70) - valk
Die ekonomie-professor reken die Fed moes rentekoerse lankal reeds verhoog het. Hy het die sogenaamde Taylor Rule oor inflasie geskryf - ’n aanduiding van hoe die ekonomie op die rentekoers reageer. Die meeste sentrale banke onderskryf dié verband.
Dit tel in sy guns dat hy minder regulering voorstaan ter wille van ekonomiese groei. Hy steun hervorming van die land se belastingstelsel (laer belastingkoerse), die staat se begroting en monetêre beleid.
Taylor het al in ekonomiese adviesrade van drie presidente gedien: Gerald Ford, Jimmy Carter en George H.W. Bush. Hy was ook adjunkminister van internasionale sake vir George W. Bush.
Die aggressiewe rentekoersverhogings wat die Taylor Rule sou voorstaan, sal teen hom as kandidaat tel omdat Trump ten gunste is van lae koerse wat groei bevorder. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie