Trump het nog nie sy muur
Die Amerikaanse president se obsessie met die muur op die Mexikaans-Amerikaanse grens wil net nie skiet gee nie.
Pres. Donald Trump het ’n beroep op die Amerikaanse weermag gedoen om die grens tussen Amerika en Mexiko te bewaak totdat sy lank beloofde muur voltooi is.
“Ek het vir Mexiko gesê, en ek respekteer wat hulle gedoen het, jul wette is baie kragtig, jul wette is sterk.
“Ons het swak wetgewing oor ons grens en ons gaan stappe doen. Ek het aan Mattis (die verdedigingsektretaris James Mattis) gesê ons gaan militêr moet ingryp. Totdat ons ’n muur en behoorlike sekuriteit het, gaan ons die grens met die weermag bewaak. Dit is ’n groot stap,” het hy tydens ’n middagete met leiers van Baltiese state gesê.
Toe Trump in ’n gesamentlike nuuskonferensie gevra is om sy opmerkings te verduidelik, het hy gesê hy is besig om voorbereidings te tref dat die weermag die grens beveilig.
Hy sê hy en Mattis en ander sal binnekort hieroor vergader.
Twee ingeligtes het verlede week aan CNN gesê Trump speel in private gesprekke met die gedagte om die oprig van die veelbesproke muur deur die weermag se begroting te finansier.
Sy opmerkings Dinsdag volg op talle onversetlike uitlatings oor immigrasie en plasings op Twitter sedert Sondag.
Trump sal egter nie die eerste Amerikaanse president wees wat Amerikaanse troepe aan die Mexiko-grens ontplooi nie. Oudpres. George W. Bush het in 2006 vir twee jaar lank 6 000 troepe na die grensgebied gestuur om die grensheining te herstel en bykans 1 000 metaalversperrings op te rig. Helikopters is ook gebruik om mense te vang wat probeer het om die grens onwettig oor te steek.
In 2010 het die Obama-administrasie 1 200 troepe ontplooi om die departement van doeane en grensbeskerming te help totdat meer mense aangestel is.
In 2014 het Texas se goewerneur, Rick Perry, 1 000 troepe opgeroep om die suidelike grens te beskerm toe minderjariges uit Sentraal-Amerika na die grens gestroom het.
Amptenare in die Pentagon was verbaas oor Trump se uitlatings. Hoewel hulle lankal weet hy wil grensbeheer verskerp, sê militêre personeel en werknemers van die departement van verdediging hulle weet nie presies wat hy bedoel nie.
Trump het Dinsdag ook gepraat oor die migrante wat tans deur Mexiko beweeg en op pad is na die Amerikaanse grens. Die mense, uit Sentraal-Amerika, wil hulself by die grens oorgee en aansoek om politieke asiel doen.
Trump het vroeër in ’n reeks twiets geëis dat die Mexikaanse regering die mense keer.
“As hulle ons grens bereik, is ons wette so swak en pateties, dis so goed ons het geen grens nie,” het Trump aan die Baltiese leiers gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie