Trump hou vol hy kan homself vryskeld
Die Amerikaanse president het sy aanvalle hernu op die spesiale ondersoeker, Robert Mueller, en sy ondersoek na Russiese inmenging by die Amerikaanse verkiesing in 2016.
Pres. Donald Trump het Maandag gesê hy het die “absolute reg” om homself kwyt te skeld, maar dat hy “niks verkeerds” gedoen het nie.
The Guardian berig dié opmerking kom uit ’n twiet waarin hy sê sy reg op kwytskelding “is bevestig deur verskeie regsgeleerdes”.
Verlede jaar het hy gesê hy het die “volwaardige reg op kwytskelding.”
Dié vraag is nooit beantwoord in Amerikaanse howe nie, maar in 1974 het die departement van justisie in dié land bevind dat ’n president homself nie kan kwytskeld nie, omdat “niemand die regter in sy eie saak” kan wees nie.
Trump het sy aanvalle hernu op die spesiale ondersoeker, Robert Mueller, en sy ondersoek na Russiese inmenging by die Amerikaanse verkiesing in 2016, asook beweringe van samespanning met die Trump-verkiesingsveldtog.
Rudy Guiliani, die president se prokureur, het Sondag tydens televisieonderhoude gesê Trump het moontlik die mag om homself kwyt te skeld, maar dat dit nie wys sou wees om dit te doen nie.
“Om homself kwyt te skeld sal ondenkbaar wees en waarskynlik lei tot onmiddellike beskuldiging. Hy het nie nodig om dit te doen nie, hy het niks verkeerds gedoen nie.”
CNBC berig dat Trump sy reg op kwytskelding verlede week vir ’n sesde keer uitgeoefen het vir Dinesh D’Souza, ’n konserwatiewe skrywer en rolprentmaker, wat skuldig bevind is aan die vervaardiging van ’n onwettige verkiesingsveldtogbydrae. In ’n twiet het Trump gesê D’Souza “is baie onregverdig behandel” deur die Amerikaanse regering.
Later daardie dag het Trump aan verslaggewers gesê hy oorweeg dit om Martha Stewart, die TV-persoonlikheid, vry te skeld, asook om die vonnis van goew. Rod Blagojevich van Illinois te verminder. Hy het bygevoeg dat sowel Stewart as Blagojevich onregverdig behandel is.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie