Trump in Saoedi-Arabië terwyl dit tuis gons oor Comey
Pres. Donald Trump van die VSA het Saterdag ’n wapenooreenkoms ten bedrae van $110 miljard met Saoedi-Arabië gesluit tydens sy eerste buitelandse reis sedert sy inhuldiging as president in Januarie. Terselfdertyd het hy steeds gesukkel om die aandag weg te lei van sy afdanking van die FBI-hoof, James Comey.
Die wapenooreenkoms, asook ander beleggings wat volgens die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, tot US$350 miljard kan beloop, was die hoogtepunt van Trump se eerste dag in Riaad. Trump is op ’n nege dae lange besoek aan die Midde-Ooste en Europa.
Hy het ná ’n seremonie om ooreenkomste uit te ruil aan joernaliste gesê dit was ’n “ongelooflike dag” en gepraat van “honderde miljarde dollar se beleggings in die VSA en werk, werk, werk. Daarom wil ek al die mense van Saoedi-Arabië bedank”.
Maar die politieke woelinge in Washington het al die hooftrekke in die VSA oorheers en ’n lang skadu op die begin van Trump se reis, waartydens hy ook in Israel, die Vatikaanstad, Italië en België sal aandoen, gewerp.
Comey se afdanking op 9 Mei en die aanwysing van 'n spesiale adviseur om bewerings van samewerking tussen Trump se verkiesingsveldtog van 2016 en Rusland te ondersoek, het vrae laat ontstaan of hy die aanvanklike ondersoek na die aantygings in die kiem probeer smoor het. Trump se oorsese reis word deur die Withuis voorgehou as ’n kans om besoek te bring aan drie van die wêreld se grootste godsdiensgroepe terwyl hy Arabiese, Israelse en Europese leiers ontmoet. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie