Trump is vrygespreek
Die verhoor in die senaat van pres. Donald Trump van Amerika het Woensdagaand verdaag nadat hy op albei artikels vrygespreek is nadat hy in 'n staat van beskuldiging geplaas is. Die stemming oor die eerste artikel, dat hy sy mag sou misbruik het, was 52 teenoor 48 - met senator Mitt Romney van die Republikeine wat saam met Demokrate 'n stem van skuldig uitgebring het. In die tweede artikel, dwarsboming van die gereg, was die stemming 53 teenoor 47 - alle Demokrate het dus gestem dat hy skuldig is en alle Republikeine het gestem dat Trump onskuldig bevind moet word. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie