Trump jr. wou inligting by Rus kry
Pres. Donald Trump se oudste seun het erken hy het ‘n Russiese regsgeleerde ontmoet in ‘n poging om skadelike inligting oor Hillary Clinton te kry.
Donald Trump jr., die seun van die Amerikaanse president, het berigte bevestig dat hy inligting gesoek het wat die Demokratiese kandidaat in die 2016-presidentsverkiesing, Hillary Clinton, in ‘n slegte lig kon stel, toe hy in Junie 2016 ‘n Russiese regsgeleerde ontmoet het.
"Natuurlik was ek die eerste persoon verbonde aan die verkiesingsveldtog wat ‘n vergadering sou hê met iemand wat skadelike inligting oor my pa se opponent kon hê," het hy in ‘n sardoniese twiet gesê.
Hy voer aan die vergadering met Natalia Veselnitskaya het “niks opgelewer nie”, maar dat hy “moes luister”.
Die FBI en die Amerikaanse kongres stel ondersoek in om vas te stel of Trump se veldtog met Rusland saamgesweer het om die 2016-presidentsverkiesing te beïnvloed.
Amerikaanse intelligensiedienste het tot die slotsom gekom dat Rusland se pres. Wladimir Poetin grootskaalse pogings goedgekeur het om die verkiesing in Trump se guns se draai. Dit het onder meer kuberkrakery en die uitlek van e-posse ingesluit om die Demokrate in die verleentheid te stel.
The New York Times het berig dat Paul Manafort en Jared Kushner ook by die Junie 2016-vergadering was.
Die twee was Trump se mees vertroude amptenare tydens die veldtog en Kushner, Trump se skoonseun, het ná die inhuldiging deel van die Withuis se binnekring geword.
In ‘n potensieel selfs meer verdoemende onthulling, wat The New York Times laat Maandag gepubliseer het, is berig dat Trump jr. voor die ontmoeting per e-pos ingelig is dat die inligting van die Russiese prokureur deel was van Moskou se pogings om sy pa se aanspraak op die presidentskap te versterk en Clinton te verswak.
Trump jr. se prokureur, Alan Futerfas, het die berig “baie geraas oor niks nie” genoem.
Futerfas sê in ‘n verklaring aan AFP Trump jr. is deur ene Rob Goldstone gekontak. Hy is deur die Times as ‘n reklameagent en voormalige verslaggewer vir ‘n Britse poniekoerant beskryf.
Goldstone het in die e-pos aangedui dat “mense inligting het oor die beweerde verkeerde dade deur die Demokratiese Party se kandidaat, Hillary Clinton, in haar interaksie met Rusland,” het Futerfas gesê.
Die vergadering het in ‘n belangrikie tydperk in die 2016-verkiesingsveldtog plaasgevind nadat Trump Republikeine geskok het met ‘n string oorwinnings in die voorverkiesings en Clinton op die drumpel was om die Demokratiese nominasie te kry.
Die Withuis se woordvoerder, Sarah Huckabee, sê pres. Trump was nie bewus van die vergadering nie en het eers die afgelope paar dae daarvan gehoor.
Trump jr. het reeds die aandag van die ondersoekspan van die Amerikaanse kongres getrek. “Ons intelligensiekomitee moet hom en andere ondervra wat die vergadering bygewoon het,” het die Republikeinse senator Susan Collins gesê. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie