Trump kap na Clinton, Obama
Pres. Barack Obama se reaksie op die Orlando-skietery was te bangbroekig en as Hillary Clinton haar nie sterker teen terreur kan uitspreek nie, moet sy nie aan die presidentsverkiesing deelneem nie.
So het Donald Trump, die waarskynlike Republikeinse presidentskandidaat, Maandag gesê nadat 49 mense doodgeskiet en 53 gewond is nadat Omar S. Mateen Saterdagnag in die Pulse-nagklub lukraak met vuurwapens losgebrand het.
“Pres. Obama het skandelik geweier om selfs die woorde ‘radikale Islam’ te gebruik.
“Om daardie rede alleen behoort hy sy amp neer te lê. As Hillary Clinton ná hierdie aanval nie die twee woorde ‘radikale Islam’ kan sê nie, moet sy uit die presidentsverkiesing tree,” het Trump in ’n verklaring gesê.
Trump het Maandag se verkiesingsaamtrek in Portsmouth, New Hampshire gekanselleer uit respek vir die skietery in Orlando.
Hy en Clinton het saam ’n saamtrek gekanselleer wat vir môre in Greenbay, Wisconsin, beplan was.
Dit sou die eerste keer wees dat hulle saam sou verskyn sedert Clinton die Demokratiese presidentskandidaat geword het.
Trump het kort ná die skietery getwiet hy wil nie “gelukgewens word” omdat hy reg was oor radikale Islamitiese terreur nie; hy wil “taaiheid en waaksaamheid hê”.
Obama het Sondag gesê die skietery is ’n terreurdaad, “wat ’n nugter herinnering is dat aanvalle op enige Amerikaner – ongeag ras, etnisiteit, geloof of seksuele oriëntasie – ’n aanval op ons almal is”.
Hy het die kwessie van vuurwapenbeheer aangeroer en gesê die skietery is “ ’n herinnering hoe maklik dit is vir iemand om ’n wapen in die hande te kry en mense te vermoor in ’n skool, ’n plek van aanbidding, ’n fliekteater of ’n nagklub. Ons moet besluit of dit die soort land is wat ons wil wees. Om aktief niks te doen nie, is ook ’n besluit.”
Clinton se veldtog het Trump daarvan beskuldig dat hy die skietery verpolitiseer.
“Dié terreurdaad is die grootste massaskietery in Amerikaanse geskiedenis en ’n tragedie wat ’n ernstige reaksie moet hê,” het Jennifer Palmieri, veldtogwoordvoerder, gesê.
“Hillary Clinton het ’n omvangryke plan om teen die Islamitiese Staat op eie bodem en oorsee op te tree. In teenstelling daarmee het Trump politieke aanvalle, flou trooswoorde en selfvergenoegdheid,” het Palmieri gesê.
Clinton het Maandag in ’n verklaring haar verbintenis tot strenger wapenbeheer herhaal.
Ondertussen is die kwessie waaroor Amerikaanse kenners en kommentators nou redekawel of Sondagoggend vroeg se aanval op die Pulse-nagklub terreur, ’n haatmisdaad of albei was.
NBC News noem Omar Mateen (29) se aanval die grootste terreuraanval in die VSA sedert 9/11 én die grootste haatmisdaad op ’n gay-teiken in die VSA se geskiedenis. Mateen het voor die aanval sy solidariteit met die terreurgroep, die Islamitiese Staat, uitgespreek.
Seddigue Mir Mateen, sy pa, het aan NBC News gesê sy seun was ’n paar maande gelede ontsteld om te sien hoe twee mans mekaar in Miami soen.
Pres. Barack Obama het in sy reaksie Sondagmiddag gesê Mateen se optrede was ’n terreurdaad én ’n haatmisdaad. Hy het gister gesê die aanval was “terrorisme uit eie bodem, uitgevoer deur ’n moordenaar wat wapens wettig gekoop het”.
Vir The Washington Post is hierdie ’n toets van oortuiging: “Toe min inligting nog beskikbaar was, het politici en kommentators nogtans baie besliste uitsprake gemaak. As jy ten gunste van wapenbeheer is, dan is hierdie verdere bewyse van hoe wetgewing misluk om mense te beskerm. As jy bang is vir Moslems, is hierdie die kans om die hele geloof as terroriste uit te maak. As jy gay-regte steun, is hierdie ’n haatmisdaad.”
“Hierdie is nie ’n haatmisdaad nie,” het Sebastian Gorka, ’n terreurkenner, op Fox News gesê en aangevoer die aanval was deel van ’n militêre aanval.
Sen. Marco Rubio van Florida het op CNN die aanval ’n terreurdaad genoem, hoewel min betroubare inligting in daardie stadium beskikbaar was.
– Netwerk24/Reuters/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie