Trump laat rand, mark omkeer
Nellie Brand-Jonker – Die rand het Maandagoggend in ’n stadium met 16c teenoor die dollar verswak en die JSE se top-40-indeks het met 2% gedaal weens die negatiewe stemming onder beleggers weens pres. Donald Trump van Amerika se uitlatings op Twitter.
Die rand was Maandag net voor 10:00 12c swakker as die sluitingsprys van R14,34 Vrydag soos dit op Iress se stelsel verskyn.
Die rand het in ’n stadium tot R14,50 verswak, toon Iress.
Bianca Botes, ’n tesouriebestuurder van Peregrine Treasury Solutions, sê in ’n verklaring Trump het die rand se onlangse versterking kortgeknip.
Reuters berig Trump het die druk op China “drasties verhoog” om ’n handelsooreenkoms te bereik toe hy gesê het hy gaan vandeesweek invoertariewe in Amerika op $200 miljard se goedere vanaf China verhoog en nog honderdmiljoene dollar se goedere binnekort teiken.
Trump het Vrydag nog verwys na die vordering wat met die handelsgesprekke gemaak word.
The Wall Street Journal berig China oorweeg dit om vandeesweek se gesprekke in Washington te kanselleer in die lig van Trump se kommentaar.
Trump het op Twitter gesê die 10%-invoertarief op $200 miljard se goedere gaan Vrydag tot 25% verhoog word. Hy het ook gedreig om ’n invoertarief van 25% te hef op ’n bykomende $325 miljard se goedere uit China, het CNBC berig.
Bloomberg berig Chinese aandele en die juan het getuimel omdat die uitlatings vertroue in die gesprekke ondermyn.
Liu He, China se adjunk-premier, is veronderstel om Woensdag in Washington met ’n afvaardiging van 100 mense op te daag, maar bronne vertroud met die saak sê China oorweeg dit om die gesprekke uit te stel.
Trump se uitlating het ook veroorsaak dat die olieprys daal. Die prys van Brent-olie was in ’n stadium 2,2% laer op $69,28 per vat.
Die termynkontrakte wat toon watter impak op die Amerikaanse S&P 500-indeks verwag kan word, het met 2,2% gedaal.
Europese aandele het ook gedaal.
Op die JSE het Naspers Maandag met 3,6% tot R3 588,17 gedaal. Sappi is 2,6% laer; Richemont 2,3% en Shoprite 2,3%.
Ander groot aandele soos BHP, Bidvest, Anglo American, Absa en Mondi het met meer as 2% gedaal.
Die rand het Maandagoggend teenoor die sluitingstyd van Vrydag teenoor die pond en euro verswak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie