Trump maak beloftes in Brittanje
May het die bondgenootskap tussen Amerika en die VK tydens ’n besoek van die Amerikaanse president geloof.
Pres. Donald Trump van Amerika het Brittanje Dinsdag ’n aansienlike post-Brexit-ooreenkoms beloof en onderneem om hul verskille te hanteer oor die rol van China se Huawei in die bou van 5G-netwerke.
Nadat koningin Elizabeth hom op die eerste dag van sy Britse besoek met ’n banket getrakteer het, het Trump hom tot die politiek gewend en die uittredende Theresa May gelukgewens.
Hy het ook twee van haar moontlike opvolgers vir lof uitgesonder.
Die mislukking van May se premierskap weens Brexit het kommer laat ontstaan dat hy haar in die openbaar sal kleineer.
Maar hy het toe nie enige uitlatings gemaak wat haar in die verleentheid kon stel nie en eerder kommentaar gelewer op van die sensitiefste kwessies, soos Huawei en wie haar gaan opvolg.
Hy het Boris Johnson, wat gesê het die Verenigde Koninkryk (VK) moet die Europese Unie (EU) op 31 Oktober met of sonder ’n ooreenkoms verlaat, en Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake wat gewaarsku het teen uittrede sonder ’n ooreenkoms, genoem.
“Ek ken Boris. Ek hou van hom; ek hou al lank van hom. Ek dink hy doen baie goeie werk,” het Trump op ’n nuuskonferensie langs May in die Britse buitelandse kantoor, gesê.
GOEIE BONDGENOOT
“Ek ken Jeremy, ek dink hy doen baie goeie werk,” het hy bygevoeg.
Op die vraag of ’n tussentydse besluit deur Britse ministers die samewerking in veiligheidsake met Amerika sal beïnvloed as Hauwei ’n beperkte rol in 5G-netwerke kry, het Trump gesê hy sal die kwessies hanteer.
“Ons het ’n ongelooflike intelligensieverhouding en ons sal enige verskille kan uitwerk,” het hy gesê.
“Ons het dit bespreek en ek sien absoluut geen beperkings nie. Ons het nog nooit beperkings gehad nie. Dit is regtig ’n baie goeie bondgenoot en vennoot en ons sal geen probleem hiermee hê nie,” het hy gesê.
Die Trump-regering het aan sy bondgenote gesê hulle moenie Huawei se 5G-tegnologie en toerusting gebruik nie weens vrese dat dit China in staat sal stel om op sensitiewe kommunikasie en data te spioeneer.
Hauwei ontken dat hy vir China ’n intelligensievoertuig is of kan wees.
Trump se staatsbesoek, wat volg op ’n belofte van May in Januarie 2017 toe sy die eerste buitelandse leier was wat hom besoek het net nadat hy sy amp opgeneem het, is gesien as ’n geleentheid om Brittanje se “spesiale verhouding” met Amerika te vier, handel ’n hupstoot te gee en hul veiligheidsverwante samewerking te herbevestig.
“Ek sou sê . . . ek sou dink dit sal gebeur en dit sal moontlik moet gebeur. Dit is ’n wonderlike, wonderlike land en dit wil sy eie identiteit hê, dit wil sy eie grense hê, hy wil sy eie sake hanteer. Dit is ’n baie, baie spesiale plek.
WEIER VERGADERING MET CORBYN
“Terwyl die VK voorbereidings tref om die Europese Unie te verlaat, is Amerika verbind tot ’n uitstekende handelsooreenkoms met die VK,” het Trump gesê.
Hy het gesê hy het geweier om te vergader met Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty wat Trump Dinsdag by ’n betoging in Londen gekritiseer het.
Trump het gesê koningin Elizabeth is ’n “wonderlike vrou” en het Brittanje bedank vir die staatsbesoek wat die “wonderlikste” bondgenootskap wat die wêreld tot nog toe beleef het, versterk het.
May het die “kosbare en onpeilbare” bondgenootskap tussen Amerika en die VK geloof, maar het gesê goeie vriende moet ook kan verskil – soos oor die Iran-kernverdrag en die Parys-klimaatsooreenkoms. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie