Trump maak nuwe reu00ebls by Mexiko-grens bekend
Trump maak nuwe reu00ebls by Mexiko-grens bekend

Trump maak nuwe reëls by Mexiko-grens bekend

In nuwe regulasies wat bekend gemaak is probeer pres. Donald Trump van die VSA om emigrante in Mexiko agter te laat voordat hulle die grens mag oorsteek.

The Washington Post het gister (SA tyd) notules bekom van die departement van binnelandse sake wat daarop dui dat al die emigrante by die suidgrens aangesê word om om te draai. Net dié wat ’n geldige vrees het dat hulle in Mexiko vervolg sal word, se sake sal aangehoor word.

Dit blyk Trump se jongste taktiek te wees om wetgewing te omseil nadat hy vroeër ook wetgewing geïgnoreer het deur ’n verbod af te kondig. Dié verbod is tydelik deur ’n Amerikaanse hof gestop aangesien dit teen federale immigrasiewetgewing indruis.

REëLS WORD OMSEIL

Die nuwe regulasies is in reaksie op die karavaan emigrante wat sedertdien in Tijuana, Mexiko, aan die grens met Kalifornië begin aankom het. Trump noem die karavaan ’n “toestroming wat gewelddadig is en die land wil binnedring.”

Ingevolge bestaande regulasies word emigrante wat uit vrees vir geweld in hul tuislande om asiel aansoek doen, ondervra sodat hulle nie dadelik gedeporteer word nie en ’n regter na hul saak kan luister om vas te stel of asiel toegestaan kan word.

Die emigrante het gemeen hulle sal in die VSA tydelik kan bly totdat hul aansoeke om asiel aangehoor word, maar dié reëls word nou omseil en hulle kan dalk in die gewelddadige Mexikaanse grensstede moet aanbly waar dwelmkartelle en geweld weens ’n stryd om dwelmsmokkelroetes hoogty vier. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer