Trump-man tjoepstil oor Russiese vergadering
Die man wat aan die hoof van die ondersoek na Russiese inmenging in die VSA-verkiesings staan, het sélf met Russe vergader.
Jeff Sessions, Amerika se prokureur-generaal, het in 2016 twee keer met Rusland se ambassadeur vergader, maar dit nie bekend gemaak tydens sy onderhoud om in sy huidige pos aangestel te word nie.
Die Washington Post berig dit kan die druk op Sessions verhoog om hom te onttrek aan sy departement se ondersoek na moontlike Russiese inmenging in die 2016-verkiesing.
Een van die vergaderings was ’n private gesprek tussen Sessions en die Russiese ambassadeur, Sergey Kislyak, wat in September in sy kantoor plaasgevind het, dieselfde tyd wat Amerikaanse intelligensie-amptenare sê ’n Russiese kuberveldtog om die Amerikaanse presidensiële verkiesing te beïnvloed op sy sterkste was.
Twee maande voor dié vergadering het Sessions met ’n groep ambassadeurs op die kantlyn van die Republikeinse Nasionale Konvensie vergader, en Kislyak was deel van die groep.
Sessions het aan die senatore wat sy aanstelling vroeër moes bekragtig, gesê hy het nie met Russiese beamptes vergader nie.
“Ek het geen kommunikasie met die Russe gehad nie,” het Sessions gesê.
Sessions se woordvoerder, Sarah Isgur Flores, sê daar was niks “misleidend" oor sy antwoord aan die Kongres nie.
“Hy is tydens die verhoor oor kommunikasie tussen Rusland en die Trump-veldtog gevra en nie oor vergaderings wat hy as ’n senator gehad het nie.“
Hy het Donderdag in ‘n verklaring gesê hy het nie die veldtog met enigiemand van Rusland bespreek nie.
"Ek het nooit met enige Russiese amptenare ontmoet om kwessies van die veldtog te bespreek nie. Dit is onwaar."
Dié gesprekke sal opnuut druk laat oplaai om ’n spesiale aanklaer aan te stel om te sien of iemand aangekla moet word oor die rol wat Rusland in die 2016- presidensiële verkiesing gespeel het.
As prokureur-generaal is Sessions die hoof van die departement van justisie en die federale speurdiens, die FBI, wat die ondersoek sover gelei het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie