Trump 'mág inligting aan Rusland verskaf'
Die Amerikaanse president dring aan dat hy die reg het om sensitiewe inligting aan Rusland te verstrek.
Pres. Donald Trump van Amerika sê dit was sy “absolute reg” om sensitiewe inligting aan Rusland te verskaf omdat hy Moskou in sy stryd teen die Islamitiese Staat (IS) en terrorisme wou bystaan.
“As president wou ek dit aan Rusland verskaf (tydens 'n geskeduleerde besoek aan die Withuis), wat ek die absolute reg het om dit te doen, feite wat oor terrorisme en lugrederye se vlugveiligheid gaan,” het hy in vroegoggend in 'n twiet geskryf.
Sy Twitter-boodskap kom een dag ná die nuus dat hy glo sensitiewe inligting met Rusland se minister van buitelandse sake en die land se ambassadeur in Washington gedeel het toe hulle verlede week die Ovaalkantoor besoek het.
Trump skryf dat hy deur “humanitêre redes gemotiveer is, én ek wil hê Rusland moet sy stryd teen IS en terrorisme verskerp”.
Ondertussen het die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, gister gesê die kwessie of Trump staatsgeheime aan Rusland verskaf het, is nie die moeite werd om te ontken of erken nie. Hy het dit as onsin afgemaak.
“Vir ons is dit nie 'n kwessie nie, dit is bog,” het Peskov gesê toe hy oor 'n berig in die Washington Post gevra is waarin berig word dat Trump geklassifiseerde inligting aan die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, verstrek het. “Ons wil niks met onsin te doen hê nie, het hy gesê.
In Maandag se berig in die Washington Post word ongeïdentifiseerde bronne aangehaal wat sê Trump het van die vooraf opgestelde program afgewyk tydens Lavrov en die Russiese ambassadeur, Sergei Kislyak, se besoek en besonderhede oor IS se terreurbedreiging wat verband hou met skootrekenaars op vliegtuie, verskaf.
Trump se nasionale veiligheidsraadgewer, HR McMaster, het die voorval ontken voordat Trump homself gister verantwoord het. - Nampa/AFP/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie