Trump ‘moreel onbevoeg om president te wees’
Die plofbare boek van die voormalige direkteur van die FBI, James Comey, maak opskudding in Amerika.
James Comey, voormalige direkteur van die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI), sê Donald Trump is “moreel onbevoeg” om die Amerikaanse president te wees en hanteer vroue soos “stukke vleis”.
In sy eerste TV-onderhoud sedert hy afgedank is, het hy Sondagaand aan ABC News gesê die “waarheid is nie van veel waarde” vir Trump nie.
Nog voordat die onderhoud uitgesaai is, het Trump Comey reeds in ’n Twitter-aanval van “talle leuens” beskuldig, berig die BBC.
“Ek glo nie die bewerings dat hy verstandelik ongeskik of in ’n vroeë stadium van demensie is nie,” sê Comey.
“Ek dink nie hy is medies ongeskik om president te wees nie, maar wel dat hy moreel onbevoeg is om president te wees.”
Volgens Comey moet ’n president ’n toonbeeld van respek wees en die kernwaardes van die land uitleef, waarvan die waarheid die belangrikste is.
“Dié president kan dit net nie doen nie.”
Die Republikeinse nasionale komitee het teruggekap dat Comey met sy boekbekendstellingstoer wys dat “sy ware lojaliteit net by homself lê”.
“Die enigste ding erger as Comey se geskiedenis van wangedrag, is sy gewilligheid om enigiets te sê om boeke te verkoop.”
Comey se memoires A Higher Loyalty: Truth, Lies, and Leadership word binnekort uitgereik en is die jongste wending in die twis tussen hom en Trump.
Trump het Comey in Mei verlede jaar afgedank. Comey het op die TV-nuus van sy afdanking uitgevind.
Trump het al voorheen gesê Comey behoort in die tronk te wees en hy het onlangs op Twitter na hom as ’n “lae lak” verwys.
Trump het glo in Maart 2017 druk op Comey geplaas om openlik te sê dat hy nie persoonlik ondersoek word nie toe bande tussen sy verkiesingsveldtog en Rusland ondersoek is. Comey het glo geweier.
Die New York Times het Sondag ’n transkripsie van die volle onderhoud van vyf uur geplaas, waarvan ABC ’n uur uitgesaai het.
In die onderhoud sê Comey ook dat Trump die VSA se “tradisies en norme soos ’n veldbrand verwoes”. Hy het Trump met ’n mafiabaas vergelyk.
Comey sal na verwagting een van die hoofgetuies wees in enige saak van dwarsboming van die gereg wat teen Trump aanhangig gemaak kan word in die Rusland-ondersoek.
Baie van Trump se kritici meen hy behoort in ’n staat van beskuldiging geplaas te word, maar Comey meen dit sal die Amerikaanse publiek “van hul verantwoordelikheid kwytskeld”. Hy sê die publiek het ’n verpligting om hom met die volgende verkiesing uit te stem.
“Jy kan nie as die president van Amerika iemand hê wat nie die waardes weerspieël wat ek glo Republikeine, Demokrate en onafhanklikes koester nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie