Trump 'n 2de keer in staat van beskuldiging
Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het ten gunste daarvan gestem dat pres. Donald Trump in 'n staat van beskuldiging gestel word.
Die finale stemming was soos volg: 232 ten gunste, 197 daarteen en vyf het nie gestem nie. Tien Republikeine het ten gunste van die staat van beskuldiging gestem.
Dit is die eerste keer dat 'n president twee keer in sy ampstermyn in 'n staat van beskuldiging gestel word.
Trump sal in die senaat verhoor word.
Met slegs ’n week oor in Trump se onstuimige vierjaartermyn, kan ’n onmiddellike verhoor die senaat in staat stel om te stem of Trump die Withuis moet verlaat voordat Joe Biden op 20 Januarie amptelik as president ingehuldig word.
Die huis het reeds gister omstreeks 12:30 (Amerikaanse tyd) begin debatteer oor die enkele aanklag teen Trump: aanhitsing tot ’n opstand.
Dit kom nadat Trump verlede week sy ondersteuners toegespreek het kort voordat hulle die kongresgebou bestorm het. Vyf mense is dood en talle ander is beseer.
Nancy Pelosi, speaker van die huis en ’n Demokraat, het gesê Trump is ’n “duidelike en dringende gevaar”.
“Ons weet die president het die opstand, die gewapende rebellie teen ons gemeenskaplike land, aangehits. Hy moet gaan.”
Dit is egter nie net die Demokrate wat Trump se kop eis nie. Talle Republikeine wat jare lank lojale ondersteuners van Trump was, steun ook die staat van beskuldiging.
Dit sluit in Liz Cheney, die Republikeine se derde belangrikste lid in die huis van verteenwoordigers. - Netwerk24
Foto Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie