Trump nog nie gereed om by Kim te kuier
Trump nog nie gereed om by Kim te kuier

Trump nog nie gereed om by Kim te kuier

Pres. Donald Trump van Amerika sê sy verhouding met Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, is goed, maar nog nie so goed dat hy in Noord-Korea sal gaan kuier nie.

Dit kom nadat die media in Suid-Korea Maandag berig het dat Kim glo vir Trump in ’n brief genooi het om hom in Pjongjang te besoek.

Kim het die brief, wat drie bladsye lank is, na berig word in die derde week van Augustus aan Trump gestuur en nooi hom glo om die Noord-Koreaanse hoofstad te besoek. Hy skryf glo ook hy is gereed om oor ontwapening te praat.

Dit is glo die tweede brief wat Kim in ’n maand aan Trump gestuur het.



“Die verhouding (tussen ons) is goed, maar ek wil nie daaroor kommentaar lewer nie,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê.

“Ek sal dit doen, in die toekoms. Dit hang af wat gebeur, maar ek is seker hy sal daarvan hou om Amerika te besoek. Maar, nee, ek dink nie die tyd is reg daarvoor nie. Ons het nog ’n pad om te stap,” het Trump gesê.

Kim het glo in sy brief aangedui dat hy gereed is vir ’n derde beraad nadat die eerste twee berade in onderskeidelik Singapoer en Viëtnam nie juis veel sukses oor die kernontwapeningskwessie opgelewer het nie.

Trump het Noord-Korea daarna besoek – die eerste sittende Amerikaanse president wat dié land besoek het.

Trump het op 9 Augustus erken dat hy ’n “pragtige brief” van Kim gekry het, maar amptenare in Amerika het niks van ’n tweede brief gesê nie. – Nampa/Reuters, verwerk deur Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!